Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Verenigende Christen-Studentevereniging (VCSV) van SA: Uitvoerende hoof

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Aansoeke word ingewag vir die pos van uitvoerende hoof van die VCSV.

Die suksesvolle kandidaat sal ’n visionêre leier wees met ’n strategiese ingesteldheid om die VCSV landswyd tot nuwe hoogtes te lei. Hy/sy sal die multikulturele, interkerklike organisasie inlei tot ’n nuwe era met beproefde praktyke, maar ook nuwe praktyke inisieer ten einde die teikenmark effektief te bereik. Die uitvoerende hoof se taak sluit die bestuur van bedienings, kampterreine, administrasie, fondsontwikkeling en personeel in. Hy/sy rapporteer aan die VCSV Nasionale Raad.

Die ideale kandidaat beskik oor die volgende eienskappe en vermoëns:

  • Is ’n Christen wat kan getuig van ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus.
  • Het kennis en ervaring van en ’n passie vir Christelike jeugbediening.
  • Het toepaslike tersiêre en aanvullende kwalifikasies.
  • Het bewese kennis en ondervinding van en vaardighede in personeelbestuur en -administrasie.
  • Kan gemaklik binne en buite spanverband funksioneer.
  • Het bewese finansiële kennis wat insluit die opstel en monitering van begrotings en verslagdoening daaroor.
  • Het goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels sowel as die vermoë om netwerke te kan vestig en die organisasie in hoëvlak skakeling te kan verteenwoordig.
  • Het toepaslike kapasiteit in probleemoplossings- en konflikbestuur.
  • Kan innoveer en verandering effektief bestuur.
  • Het bewese IT- en rekenaarvaardighede.
  • Het kennis van goeie korporatiewe beheer en bestuur en die vermoë om binne hierdie konteks te kan funksioneer.
  • Kan fondse genereer.

Die pos vereis dat daar dikwels gereis word om die bediening en organisasie in al nege provinsies te bevorder en personeel te ondersteun. Die VCSV se hoofkantoor is in Stellenbosch, maar die standplaas van die uitvoerende hoof is onderhandelbaar.

Aansoeke sluit op Maandag, 31 Julie 2023.

Elke aansoek moet vergesel wees van:

  • ’n twee bladsy CV met ten minste drie onlangse verwysings en hulle kontakbesonderhede.
  • ’n twee minute video waarin die aansoeker hom-/haarself voorstel in Afrikaans en Engels.

Die CV moet per e-pos gestuur word na dawn@vcsv.co.za en die video via WhatsApp na 071 302 2548.

Daar sal van kandidate op die kortlys vereis word om deel te neem aan psigometriese evaluering en ’n volledige CV, saam met gewaarmerkte afskrifte van u hoogste kwalifikasies, identiteitsdokument en ander toepaslike kwalifikasies en sertifikate in te dien.

Die salarisskaal en diensvoordele is op aanvraag beskikbaar by Dawn Adonis by dawn@vcsv.co.za.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word en geen laat aansoeke sal oorweeg word nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.