Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Debruinpark-Ermelo: Medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente is ’n dorpsgemeente met enkele voltydse boere en deeltydse boere en ongeveer 650 lidmate.

As gemeente streef ons daarna om ’n breë spektrum van spiritualiteite binne gereformeerde teologie te akkommodeer. Die kerkraad stel hoë premie op Skrifgetroue prediking met ruimte vir afwisseling en persoonlike dinamika.

Leraarsprofiel:

Die gemeente verlang ’n medeleraar wat in die bediening uitdrukking kan gee aan die spreekwoordelike “mens-mens”. ’n Leraar met redelike algemene bedienings-vaardighede word benodig. Liefde vir bediening aan jeug en werkende jongmense, vaardig met die gebruik van elektroniese media, en vaardighede in pastorale berading kan tot voordeel wees.

Vergoeding en voordele:

Volgens sinodale skaal. Pastorie of behuisingstoelae soos onderhandel met kerkraad.

Aansoek:

CV met relevante inligting asook bedienings- en persoonlike passies, kan per e-pos of faks gestuur word. Ten minste drie verwysings met kontakbesonderhede moet ingesluit word.

Korrespondensie moet gerig word aan die voorsitter van die kerkraad en kan gestuur word aan: difehlers@gmail.com

Sluitingsdatum vir aansoek: 31 Augustus 2023.

Diensaanvaarding: Januarie 2024.

Navrae:

Ds Dif Ehlers – sel: 066 303 9757, e-pos: difehlers@mail.com

Ds Herman Matthee – sel: 066 303 9759, e-pos: herman@ngdebruinpark.co.za

Leierouderling Neels Pretorius – sel: 082 494 0868, e-pos: neelspretorius2@gmail.com

Kerkkantoor – sel: 081 420 3910, e-pos: ngkdebruin@gmail.com

Die kerkraad behou die reg voor om nie net uit die aansoekers te beroep of ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.