Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Augrabies: Tydelike leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gemeenteprofiel

Die NG gemeente Augrabies is ’n klein plattelandse gemeente in die Noord-Kaap. Die gemeente bestaan uit besproeiingsboere en veeboerdery asook ’n paar klein besighede.

Ook deel van die gemeente is ’n selfversorgings-aftree-oord. Daar is ook ’n buitewyk genaamd Nous gemeente (60 km vanaf Augrabies). Die kerkraad wil graag saam met die leraar ’n pad stap soekende na die Here se bedoeling met ons gemeente.

Leraarsprofiel

  • Ons is op soek na iemand wat sy of haar passie en gawes vir die Here wil kom aanwend. 
  • Ruimte skep vir mense om God te beleef. 
  • Oor goeie bestuursvaardighede beskik. 
  • Die vermoë het om mense saam die toekoms in te neem. 
  • Skrifgetrou en dinamies te preek met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding. 
  • Gemaklik is om alle ouderdomme te bedien. 
  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees met gesonde waardering vir die gereformeerde tradisies. 
  • Die Here liefhet en ’n lewende verhouding met Hom het.

Aansoeke

  • ’n Volledige CV, wat drie referente insluit met kontakbesonderhede. 
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude en preekbeurte. 
  • Stuur aansoeke aan die skriba per e-pos: admin@ngkerkaug.co.za

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2023.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2023.

Navrae:

Skriba, Ursula Hayes  072 304 1155 of Okkie Visser  082 564 6582.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.