Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Roodekrans: Jeugwerkerpos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die gemeenteraad van NG Gemeente Roodekrans (Roodepoort) wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Jeugwerkerspos met die oog op voltydse predikantspos

Sluitingsdatum: 7 Augustus 2023.

Dienstermyn: Jeugwerkpos wat oor 2-3 jaar ontwikkel in ’n permanente predikantspos.

Gemeenteprofiel: Roodekrans is ’n voorstedelike gemeente in Roodepoort, tussen verskeie laer- en hoërskole geleë. Die gemeente is ’n goeie samestelling van jonk en oud en leef en werk in ’n dinamiese omgewing.

Jeugwerkprofiel: Aansoekers (jeugwerkers/teologiese studente/diensleraars of proponente) moet ’n lewende verhouding met die Here hê, lidmaat van die NG Kerk wees. ’n Aanvoeling en liefde om met jeug te kan werk, maar wat ook bereid is om in ’n mentorskapprogram saam te groei tot ’n volle predikantspos.

Pligte: Die organisering en bediening aan jongmense (alle ouderdomme). Bv kampe, kategese, uitreike, jeuggroepe en jeugpreke.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Mededingende vergoedingspakket.
  • Die geleentheid om te groei in ’n permanente predikantspos.
  • Aansoekers moet beskik oor eie vervoer en akkommodasie.

Aansoek: Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en drie referente.

Stuur aansoek aan: Helene@ngkroodekrans.co.za Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en moet bereid wees om twee preekgeleenthede waar te neem.

Verdere navrae:

Gerhard van Rooyen 064 516 2397.

Ds Roelof Minnaar 072 159 0402.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.