Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 28 Julie 2023 om 12:00
Hugenote Kollege op Wellington is ’n private hoëronderwysinstelling wat naskoolse opleiding in Maatskaplike Dienswerk, Teologie en Kerklike Bediening en Sosiale Innovasie aanbied. Die Kollege beskik tans oor die volgende vakature:
Fondsinsamelingskoördineerder
Die fondsinsamelingskoördineerder se primêre rol is dié van fondsinsameling. Die bekleër van die pos sal ’n sleutelrol in die inkomstegenerering en finansiële volhoubaarheidstrategie van Hugenote Kollege vervul en ook ’n rol speel in die uitbou van die kollege se beeld onder strategiese belangegroepe.
Die fondsinsamelingskoördineerder rapporteer aan die rektor.
Posbeskrywing:
- Ontwikkel strategieë en uitkomsgebaseerde planne om ’n volhoubare gemeenskap van befondsingsvennote en vriende vir Hugenote Kollege te vestig en laat groei.
- Berei ondersteuningsdokumente en voorstelle vir onder meer individuele, korporatiewe, institusionele en bemarkingsinisiatiewe ter ondersteuning van die behoeftes van die kollege voor.
- Stel fondsinsamelingsdoelwitte en teikens.
- Ontwikkel ’n dinamiese databasis bestaande uit verskeie kategorieë van voornemende befondsingsvennote, relevante inligting oor elkeen, en die prestasie van alle bestaande befondsers.
- Lei uitreikpogings en organiseer aktiwiteite om fondse in te samel, geldelike skenkings en ander geskenke vir Hugenote Kollege te werf en in te samel.
- Lewer, met die hulp van bemarking- en skakelspesialiste, insette in die ontwerp en vervaardiging van promosiemateriaal.
- Bewusmaking van die instansie se werk, doelwitte en finansiële behoeftes van die instelling en sy studente.
- Groei van volhoubare kort- en langtermyninkomstestrome.
- Verantwoordelik vir die bestuur, beheer, optekening en administrasie van alle derdestroomfondsinsameling-genereerprosesse en -aktiwiteite.
- Rapporteer gereeld oor individuele en kollektiewe vordering met netwerkbou en fondse wat gegenereer word.
Verantwoordelikhede:
- Doen navorsing oor voornemende skenkers.
- Skep ’n sterk fondsinsamelingsboodskap wat ’n beroep doen op potensiële skenkers vir elke veldtog.
- Identifiseer, benader en bou goeie verhoudings met potensiële skenkers.
- Bied voorstelle en versoeke aan voornemende skenkers aan.
- Gebruik aanlyn platforms om skenkings in te samel.
- Organiseer veldtogte of geleenthede om skenkings te werf.
- Hou rekord van skenkerinligting en fondse ontvang.
- Evalueer die sukses van alle fondsinsamelingsgeleenthede.
- Verseker dat aan alle wetlike verslagdoeningsvereistes voldoen word.
- Bou sterk, lewensvatbare en volhoubare verhoudings met vriende en voornemende vriende van die kollege.
Vereistes:
- Baccalaureusgraad in ’n relevante veld (bv skakelwerk, joernalistiek, kommunikasie of besigheid).
- Kreatiwiteit en sterk oortuigingsvaardighede.
- Ingestel op besonderhede.
- Goeie organisatoriese vaardighede.
- Sterk leierseienskappe.
- Uitstekende kommunikasievaardighede – verbaal en skriftelik in Afrikaans en Engels.
Ondervinding:
- Minimum drie jaar vorige ondervinding in ’n soortgelyke pos.
- ’n Rekord van suksesvolle fondsinsameling.
Vergoeding:
- Terughoufooi: onderhandelbaar.
- Proeftydperk: Die aanstelling sal vir ’n proeftydperk van 12 maande wees, en daarna ’n vastetermynkontrak soos ooreengekom deur die werkgewer en fondsinsamelaar.
- Kommissie:
- 10% van inkomste tot R50 000 per skenking.
- 7,5% van inkomste vanaf R51 000 tot R99 000 per skenking.
- 5% van inkomste bo R100 000 per skenking.
Kommissie word per skenking bereken en betaal in die eerste maand nadat die skenking bevestig en aan Hugenote Kollege betaal is.
Aanvangsdatum: 1 September 2023 of so gou moontlik.
Slegs aansoeke per e-pos sal aanvaar word. Aansoeke en navrae kan gerig word aan mev Hesmarie Bosman by bestuur@hugenote.com.
