Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Odendaalsrus-Oos: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die NG Gemeente Odendaalsrus-Oos verlang die dienste van ’n voltydse leraar.

Gelegitimeerde predikante in die NG Kerk word uitgenooi om aansoek te doen vir ’n permanente pos van voltydse leraar by die gemeente.

GEMEENTEPROFIEL

  • Odendaalsrus is ’n plattelandse myndorp wat in die Vrystaat geleë is.
  • Die gemeente is grotendeels ouer mense.
  • Die gemeente se karakter is sterk behoudend met gereformeerde spiritualiteit wat ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking stel.
  • Die gemeente se finansiële posisie is soos ander plattelandse gemeentes onder druk en bydraes kom uitsluitlik vanaf lidmate. Die kerkraad sal derhalwe op hierdie stadium nie die sinodale riglyne vir vergoeding van predikante kan bekostig nie.

LERAARSPROFIEL

In aansluiting by ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • Oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in ons gemeente.
  • Skrifgetroue Woordverkondiging doen, verbind aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
  • Prediking met innoverende denke bedien, maar ruimte vir jeugbediening en lofprysing maak.
  • As herder vir die kerkraad en gemeente optree, maar strewe na die Liggaamsmodel wat groepdinamika en spanwerk vooropstel.
  • Aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in die gemeenskap wat gekenmerk sal word deur huisbesoeke en/of persoonlike kontak soos deur lidmate verlang.
  • ’n Passie vir die jeug en kinders in die gemeente sal vooropgestel word.

VERGOEDING

Die totale koste van indiensneming, insluitend behuising, is met die kerkraad onderhandelbaar.

AANSOEKE

Belangstellendes moet hulle CV met ten minste twee verwysings in ’n verseëlde koevert by die kerkkantoor inhandig of per e-pos aanstuur na: ngkoos01@gmail.com

Vir navrae, skakel met die kerkkantoor by 057 354 1796 (08:00 tot 13:00).

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Oop vir enige aansoeke totdat pos gevul word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.