Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dagboek dié … 24 / 25 September is #loopvirhoop: 5km wat jou lewe kan verryk en Hoop gee

Loop vir Hoop bied jou die geleentheid om op Erfenisdag, of die Maandag, wat ‘n vakansiedag is (24 of 25 September), ‘n kort pelgrimstog in jou gemeenskap te reël en aan te pak. “Ons noem hierdie inisiatief Loop vir Hoop / Walk for Hope / Hamba Ngethemba en dit spruit voort uit die Pelgrimstog van Hoop,” verduidelik dr Frederick Marais.

Lees ook: Laai die Loop vir Hoop-pdf af

Loop vir Hoop is ‘n 5km, of langer stap, in die gemeenskap wat die erfenisbakens van die gemeenskap insluit. By elkeen van die bakens vertel iemand uit die gemeenskap die storie van die baken. Dan loop ons verder na die volgende baken.

“Ons nooi gemeenskappe uit om mense uit al die gemeenskappe in die omgewing te nooi om deel te neem en om ook bakens uit die onderskeie gemeenskappe in te sluit in hulle roete.

Registreer nou om aan Loop vir Hoop deel te neem

Loop vir Hoop is in sy kinderskoene, maar die terugvoer is volgens Marais sover baie positief en daar is reeds 20 gemeenskappe wat hulle verbind het om deel te neem aan Loop vir Hoop. Dit sluit plekke soos Kaapstad, Bloemfontein, Mosselbaai, Uniondale, Paarl, Randburg en Stellenbosch in. Kom ons bou hoop op ‘n gedeelde erfenis.

Loop-vir-Hoop is 5km wat jou lewe kan verryk en Hoop gee,” aldus Marais. “Ons ervaring by die Pelgrimstog van Hoop is dat wanneer mense saam loop en na mekaar luister, ons hoop groei.

Lees ook: Sáámstap op pad van restitusie gee hoop op Jeugdag

“Gemeenskappe wat hieraan wil deelneem, kan gratis by Pelgrimstog van Hoop registreer om so deel te word van die groter Loop vir Hoop-inisiatief. Na die stap, kan ons lekker saam braai, of roosterkoek, breyani of pap en wors eet – en so ons kos-erfenis met mekaar deel. Bekende pelgrims soos Erns Grundling en Barend le Grange het hulle reeds verbind om op Erfenisdag deel te neem aan die Loop vir Hoop inisiaitief.”


  • Bron: https://pelgrimstogvanhoop.com/ 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top