Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Pietersburg-Noord: Finansiële en kommunikasiebestuurder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van die NG Kerk Pietersburg-Noord benodig die dienste van ’n 

FINANSIËLE EN KOMMUNIKASIEBESTUURDER

Sluitingsdatum: 8 Augustus 2023.

Dienstermyn: Permanente pos met proeftydperk van drie maande.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2023.

Gemeenteprofiel: Noord-gemeente is ’n dinamiese, plattelandse gemeente met drie leraars en ongeveer 2 100 belydende en dooplidmate in ’n gemeenskap bestaande uit gevestigde woongebiede en omringende plase. Die gemeente het ’n visie van omgee na buite en binne, met ’n groot musiek- en jeugbediening.

Die posbekleër moet oor die volgende beskik:

– ’n Hart vir die evangelie en gemeente.

– Sterk administratiewe vaardighede.

– Goeie rekenaarvaardighede, moet programme soos excel, pastel en Winkerk ken en kan bemeester.

– Rekeningkundige vaardighede en agtergrond.

– Goeie kommunikasievermoë en -vaardigheid.

– Vermoë om eie inisiatief te kan gebruik en taakgedrewe die gemeente se visie na te volg.

Pligte:

– Bestuur van die gemeente se rekeningkundige sisteem en finansiële projekte.

– Implimentering van ’n finansiële beleid en prosedures.

– Finansiële kontrole – bank, joernale, salarisse.

– Betalings en aankope (insluitend Bybels en voorraad vir kerk).

– Begrotingsproses – opstel, goedkeur en uitvoer daarvan.

– Finansiële rapporteringsproses – inkomstestate, kontantvloei, jaarlikse state ens.

– Professionele verhoudings met die ouditeur, bank ens.

– Bestuur en opdatering van die gemeente se webtuiste.

– Kommunikasie met gemeentelede en gemeenskap – Facebook, Instagram, WhatsApp-groepe, sms-stelsel, gebedsgroepe en omgeegroepe.

– Skakelbeampte tussen kommissies en kerkraad.

– Toesien tot die uitvoer van kerkraadsbesluite.

– Algemene administratiewe pligte en enige ander administratiewe take soos deur die kerkraad van tyd tot tyd bepaal.

Kwalifikasie:

– Graad 12 en toepaslike tersiêre kwalifikasie in rekeningkunde en/of ondervinding.

Belangstellendes moet hulle CV’s voor of op 8 Augustus 2023 aan Louina Marais stuur by marais@maraislaw.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie enige aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.