Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: Gesinne wat herenig, skep nuwe hoop in ons samelewing

Vir ’n ouer om in kind in pleegsorg geplaas te hê, is nie maklik nie. Maar wat as dit nie verhelp kan word nie? Wat as ’n ouer nie vir die kind ’’n huis kan gee nie? Wat is die uitkoms van so ’n situasie?,

Henda van der Merwe, direkteur van CMR Gauteng Oos, verduidelik in ’n onlangse mediavrystelling juis hieroor: “Daar is baie faktore wat ‘n rol speel wanneer daar na ‘n kind se opsies gekyk word. Heel eerste is ons besorg oor kinders se veiligheid. As die kind gemolesteer word of in lewensbedreigende huislike omstandighede leef, moet daar ingegryp word.

LEES OOK: Elders gelees: CMR Gauteng-Oos se deure weer oop

“En dan is daar ouers wat weens hul eie probleme, veral dwelm- of alkoholmisbruik, nie vir hul kinders ‘n gesonde huis kan gee nie. Ons het onlang so ’n geval gehad, van ‘n ma en kind wat in hul kar gewoon het. Die dogter was amper tien en het tot op daardie tydstip nie skool bygewoon nie. Die ma, wat van dwelms afhanklik was, het ’n kerk genader vir hulp.

“Daar is aan CMR Gauteng Oos se deur geklop en die kind is in pleegsorg geplaas terwyl die ma by ‘n rehabilitasiesentrum gehelp is. Sy het sukses behaal en ‘n werk en blyplek bekom. Haar dogter se pleegsorgsituasie het egter nie gewerk nie en sy is na ‘n kinderhuis verskuif. Hier kon die ma ‘n meer aktiewe rol in haar lewe begin speel en hulle kon kort voor lank naweke en vakansies saam deurbring.”

Elders gelees: Kinderbeskermingsweek: Maatskaplike werkers is ‘onbesonge helde’

Van der Merwe benadruk dat kinders altyd met ouers in kontak gehou word, en dat die uiteindelike doel is om gesinne te herenig. “Geen kind word sonder meer van hul ouers af weggehou nie, hierdie geval is ‘n voorbeeld van hoe ons aan albei kante ondersteuning bied tot daar bewys kan word die kind en ouer/s sal gemaklik en suksesvol herenig kan word.”

“Hierdie dogter is in die skool geplaas, en ’n nuwe kans op die lewe gegee. Die ma het na twee jaar van soberheid die wonder daarvan beleef om haar dogter met ope arms terug te kon verwelkom,” vertel van der Merwe. 

“Dit is alleen langtermyn-insette wat sulke suksesverhalte tot gevolg kan hê. Ons as kinderbeskermingsorganisasie met statutêre magte, bly verbind daartoe om die mense wat ons nodig het, te help, sê van der Merwe en pleit dat die regering ag slaan op suksesverhale uit hierdie sektor. “Wie sou hierdie mense gehelp het as dit nie vir maatskaplike werk organisasies was nie?” 


  • Bron: cmroos.co.za/ via skakelbeampte. 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.  

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top