Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Garsfontein-geloofsfamilie is geleë in die Ooste van Pretoria, en bestaan uit ongeveer 2 100 lidmate. Ons staan bekend as “die gemeente in die stad met die groot hart”. Ons gemeente se visie is: Deur Christus; Met mekaar; Na die wêreld. Ons glo dat ’n gemeente ’n geloofsfamilie is, waar almal hartlik verwelkom en liefgehê word. Ons glo dat daar in ons geloofsfamilie mense met verskillende spiritualiteite en gawes is, maar wat steeds dieselfde passie moet hê vir God en God se koninkryk. Hartlikheid, eensgesindheid, getrouheid en betrokkenheid is belangrike kenmerke van ons geloofsfamilie. Ons wil hierdie waardes uitleef deur die volgende vier gebruike:
Aanbid saam – Kuier saam – Groei saam – Dien saam
Hoe lyk die geskikte kandidaat?
- ’n Gelegitimeerde proponent of leraar.
- Jy het ’n opregte verhouding met die Here en het die Here passievol lief met jou hele hart, siel, krag en verstand.
- Die Bybel is die fondasie waarop jy jou hele lewe bou.
- ’n Persoon van integriteit.
- Jy het ’n passie en gawe vir die bediening binne die gemeente as ’n geloofsfamilie.
- Jy is ’n persoon vir wie verhoudings en familiewaardes baie belangrik is.
- Die suksesvolle kandidaat gaan saam met die leraarspan die ruimte hê om die gemeente te bemagtig om ’n geloofsfamilie tot eer van GOD te wees.
Vergoedingspakket
’n Vergoedingspakket ooreenkomstig die sinodale riglyne sal onderhandel word.
Indien hierdie advertensie met jou hart praat, nooi ons jou om aansoek te doen sodat ons meer van jou kan weet en jou kan ontmoet.
Stuur asb ’n volledige CV (met ten minste drie onlangse relevante referente), asook ’n kort bekendstellingsvideo van jou (waarin jy ons ook kortliks vertel wie jy is en waarom jy aansoek doen) aan: bestuur@nggars.org.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 Augustus 2023.
Aanstellingsdatum: 1 November 2023 (of so gou as moontlik daarna).
Vir meer inligting kontak:
ons bedryfsbestuurder, Ronnie Stanton (082 771 1535 of bestuur@nggars.org.za)
of ons leraar, ds Elzeth Pienaar (083 376 2814 of elzethpienaar@gmail.com).
Garsfontein-gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
