Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Nigel-Oos: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van Nigel-Oos maak in biddende afhanklikheid die vakature van voltydse leraar bekend. Aansoeke word ingewag van gelegitimeerde leraars en proponente van die NG Kerk.

Gemeenteprofiel:

Nigel-Oos gemeente is geleë in Gauteng in die Verre-Oosrand. Nigel is ongeveer 100 km vanaf Pretoria en sowat 70 km vanaf Johannesburg. Boerdery domineer die gebied. Nigel het ’n baie groot industriële gebied wat onder andere die motorbedryf bedien sowel as die algemene ingenieursbedryf. Nigel beskik oor twee laerskole, waarvan die voertaal Afrikaans is, so ook ’n hoërskool. Nigel-Oos gemeente is ’n pastorale groote gemeente met 320 belydende en 115 dooplidmate. Uniek aan Nigel is die groot bedieningsoppervlakte wat strek van plaaswyke tot dorpswyke. Dit is ’n gemeente wat liefde uitleef en na aan God se skepping leef. Lidmate speel ook ’n ankerrol in die gemeenskap wat saam werk met die Hervormde gemeente te Nigel asook die ander NG gemeentes. Wat dienste aan betref het ons een diens in die oggend en geen aanddienste nie.

Leraarsprofiel:

Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Nigel-Oos die volgende eienskappe sal openbaar:

  • ’n Lewende en persoonlike verhouding met die God Drie-enig.
  • Skrifgetroue en inspirerende prediker met ’n gemaklike preekstyl wat kinders tydens die erediens betrek.
  • Gebruik maak van visuele media en rekenaartegnologie tydens eredienste.
  • ’n Mens-mens wat met alle generasies ’n goeie verhouding kan bou en handhaaf.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband kan funksioneer.
  • ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik is met huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
  • Iemand met kreatiewe en innoverende denke.
  • In staat is om deur volwasse leierskap, gemeenteleiers op te bou en te versterk en die gemeente daardeur verder op te bou.

Verantwoordelikhede:

Nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn, in samewerking met die ander predikante binne die bedieningsraamwerk van die gemeenskap en die ring.

Vergoeding en voordele:

Sinodale aanbeveling vir salaris en byvoordele sal as riglyn gebruik word met inagneming van die unieke omstandighede van die gemeente. ’n Ruim pastorie is beskikbaar.

Voornemende kandidate:

Belangstellende leraars en proponente van die NG Kerk word uitgenooi om ’n volledige CV met persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan e-pos: ngnigeloos@gmail.com / henniealbe@gmail.com

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2023.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik. Omstandighede van die suksesvolle aansoeker sal in gedagte gehou word.

Navrae:

Voorsitter: Hennie Alberts 082 458 9223.

Konsulent: Ds Quinten Schimper 076 687 7410.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.