Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Bedienaar van die Woord
Vastetermynpos (deeltyds) vir twee jaar
(moontlike verlenging tot drie jaar)
GEMEENTEPROFIEL:
Albertinia is ’n plattelandse gemeente in die Suid-Kaap met 805 belydende en 127 dooplidmate. Gouritsmond is deel van die gemeente en gelyklopende eredienste word in Albertinia en Gouritsmond gehou. Ongeveer 60% van die belydende lidmate is 60 jaar of ouer. Die roeping van die gemeente is “Brandende Liefde.”
LERAARSPLIGTE:
- Prediking.
- Pastoraat en bediening met die fokus op ouer lidmate.
VERGOEDINGSPAKKET:
Die pos is ’n deeltydse pos wat 60% van ’n voltydse pos beloop. ’n Onderhandelbare diensaanbod in ooreenstemming hiermee en met die vergoedingsriglyne van die ATF as basis word aan die persoon wat beroep word, gemaak. Behuising is onderhandelbaar, pastorie is beskikbaar.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2024 (onderhandelbaar).
CURRICULUM VITAE:
Belangstellende persone voorsien die kerkraad van ’n saaklike CV met vermelding van bedieningsvoorkeure, persoonskenmerke, spiritualiteit, ervaring van vorige senior bediening en die kontakbesonderhede van drie referente. Emeriti moet let op Regl 13 (AS 2011): Verpligte aftreeouderdom in so ’n pos is 70 jaar.
Stuur aansoeke aan Die Voorsitter: Pre-Advies by e-posadres ngkerk@albertinia.org.za.
NAVRAE:
Ds Petri Coetzee (leraar): 084 207 3508.
Boy Janse van Rensburg (voorsitter kerkraad): 083 604 2108.
SLUITINGSDATUM: Vrydag 1 September 2023.
