Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeentes Algoapark en Sydenham : Predikantspos in kombinasie (Termynpos drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 8 September 2023.

Die gemeentes van Algoapark en Sydenham in Gqeberha (Port Elizabeth) het ’n formele bedieningsooreenkoms gesluit om gesamentlik een predikant te beroep. Die gemeentes nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk (ook studente wat eers in November 2023 gelegitimeer word) uit om aansoek te doen vir ’n termynpos van drie jaar.

GEMEENTEPROFIEL

Die twee gemeentes lê weerskante van die N2, maar word deur ’n hoofroete aan mekaar verbind. Algoapark is ’n voorstedelike gemeente met goeie skole. Die woonbuurte van Sydenham word afgewissel met besighede, nywerhede, studentehuise en ’n laer- en hoërskool digby die kerkgebou. Daar is verskeie tuistes vir bejaardes.

Algoapark bestaan uit 223 belydende en 37 dooplidmate, Sydenham uit 165 belydende en 27 dooplidmate. Sydenham besit ’n doelmatige kerkgebou, Algoapark beskik oor ’n gemeentekompleks met pastorie.

Elke gemeente het ’n eie kerkraad en kerkkantoor, maar ’n gesamentlike dagbestuur.

LERAARSPROFIEL

Pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.

Die leraar bedien lidmate van alle ouderdomme. Die inskakel van jongmense in die eredienste, tesame met bediening aan jong ouers en gesinne is belangrik.

VERGOEDING

Gratis huisvesting in ’n ruim pastorie (met redelike gebruik van water en ligte) en bykomend totale koste van indiensname van R180 000 per jaar.

AANSOEKE

Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n kort CV. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, asook aspekte soos: jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou energie gee, jou groei-areas en hoe jy konflik hanteer.

Aansoeke moet skriftelik per e-pos gerig word, maar jy is welkom om bykomend ’n kort video-aansoek te stuur. Stuur dit met Wetransfer of ’n soortgelyke platform aan volgende e-posadres: kombinasie@ngkok.co.za.

NAVRAE:

Ds MG van Rooyen (konsulent Algoapark): Sel 083 413 7100, e-pos: mg@ngkraggakamma.co.za

Ds A van Jaarsveld (konsulent Sydenham): sel 083 299 0208, e-pos vanjaarsvelda@gmail.com

Die gemeentes behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.