Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sunwardpark Gemeenskapskerk : Voltydse leraar (onbepaalde termyn)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 29 September 2023 om 12:00.

Ons is ’n gemeente wat graag ’n verskil wil wees in die gemeenskap en in die lewens van gelowiges. Ons is lief vir die Here en alle mense. Ons is bereid om uitdagings te trotseer en innoverend te wees. Ons is ’n gemaklike, informele gemeente sonder titels. 

Ons nooi jou graag om die volgende medeleraar van hierdie gemeente te word.

  • Ons nooi jou om op jou unieke wyse ons te help floreer om saam met God te werk. Ons wil jou nie beperk tot Kerkorde Artikel 9 se pligstaat nie.
  • Ons leraar moet bereid wees om die bediening met ander te deel, sodat ons netwerke kan skep, wat die gemeente en die gemeenskap kan help tot ’n volronde bediening.
  • Ons wil hê ons leraar moet van binne na buite leef. Ons soek geloofwaardigheid. Ons soek iemand wat passievol en met entoesiasme hul geloof uitleef en ander kan saam innooi en begelei op die reis. 
  • Ons leraar moet dapper, kreatief en vernuwend wees en toekomsgerig dink. 
  • Ons soek iemand wat eers ’n dienaar van God en daarna ’n dienaar in die kerk is. 
  • Ons soek iemand wat die plaaslike gemeente en gemeenskap eerste prioriteite maak.
  • Ons leraar het ’n gesonde teologie en kan die Woord entoesiasties en verstaanbaar vertaal vir ons jong lidmate wat vloei uit ’n eerstehandse ontmoeting met God en die Woord.

Die volgende profiel dien as riglyn vir voornemende aansoekers:

  • Goeie menseverhoudings.
  • Kollegaskap/spanspeler.
  • Lief vir kinders, jongmense en ouers en kan hulle taal praat en bedien.
  • Jongvolwassenes aktiveer en mobiliseer.
  • Gemeenskapsgerigte diens.
  • Mentorskap en leierskapsbemagtiging.
  • Verkieslik 45 jaar en jonger.

Aansoeke en navrae:

Belangstellendes word gevra om die volgende te stuur: ’n volledige CV, ’n video (3 min) waarin jy jou bekendstel en ’n motivering gee vir jou aansoek, ’n skakel na ’n opname van ’n onlangse erediens, asook ten minste twee verwysings. Rig jou epos aan:  

kokkie.herman@gmail.com

Aansoekers moet bereid wees om psigometriese toetse te doen. 

Vergoeding sal volgens Sinodale riglyne bepaal word.

Diensaanvaarding:  Januarie 2024 of so spoedig moontlik daarna.

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil hê, kontak:

Dirk Human (medeleraar) dirkpad@gmail.com (082 776 4706) of, 

Kokkie Herman (voorsitter) by kokkie.herman@gmail.com (082 774 5578) of,

Burger Hoffman (ondervoorsitter) by burger.hoffman111@gmail.com (082 781 5930).

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.