Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Ons is baie opgewonde om hierdie vakature bekend te maak wat voor einde 2023 gevul moet word.
Gemeenteprofiel:
Elspark gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Germiston, wat grens aan Sunwardpark. Ons moes herbesin oor gemeentewees en is in ’n proses, waarin ons in ’n samewerkingsooreenkoms met Dalpark Kaléo (Brakpan) tree, om ’n selfstandige Kaléo-kampus te word. Die Kaléo-visie (Gevestig in Christus, geborge in ’n geestelike familie en gestuur met die Goeie Nuus) maak ons opgewonde. Daar is baie prosesse wat nog in plek moet kom en waar ons saam met Dalpark gaan werk aan ’n bedieningsplan wat beide gemeentes sal verryk.
Leraarsprofiel:
- Jy moet ’n leraar of proponent met ’n passievolle uitlewing van jou roeping wees.
- Die idee om ’n gevestigde gemeente nuut te bedien moet jou opgewonde maak.
- Jy moet inkoop in die Kaléo-visie en saam werk aan ’n nuwe bedieningsmodel.
- Spanwerk is een van jou sterkpunte.
- Om mense vanuit hulle nuwe identiteit in Christus met genade te bedien, is die vertrekpunt van die Kaléo-visie. Jy moet bereid wees om saam met ons hierin te groei en uiteindelik heelhartig hierin in te koop.
- Jy is verantwoordelik vir minstens die helfte van die prediking en moet dus ’n goeie kommunikeerder van die Woord wees.
- Jy gaan veral help om die bedieningsprosesse soos bepaal in plek te bring. Ons hoor graag hoe jou unieke vaardighede ons hierin kan help.
- Jy gaan die pastorale “gesig” van Elspark wees, daarom is ’n pastorale hart en liefde vir mense ’n vereiste.
Praktiese reëlings:
Jy moet naby genoeg aan Elspark woon om werksure by die kerkkompleks te werk. Andersins kan ’n tuinwoonstel beskikbaar gestel word.
Vergoeding:
Ons kan ’n TKVI van R22 000 per maand bekostig. Dit sal met die suksesvolle kandidaat beding word, billik vir ’n persentasie van ’n leraarspos in verhouding met sinodale skale. (bv Dit is ’n 90% pos indien die kandidaat op posvlak 1 aangestel word).
Aansoeke:
Jou aansoek (bestaande uit ’n CV met besonderhede van drie referente, ’n kort bekendstellingsvideo en ’n skakel na ’n onlangse video-opname van ’n preek van jou) moet per e-pos gerig word aan die NG gemeente Elspark by elspark0309@gmail.com
Navrae kan gerig word aan leierouderling Johan Oosthuizen 076 721 0044, of brugleraar dr Henk Gous 083 267 0108 of kampusleier van Dalpark en Elspark, ds Hennie Pienaar 082 410 8838.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 8 September 2023 om 12:00.
Die gemeente behou die reg voor om nie die pos te vul nie.
