Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Montana: Voltyds onbepaalde leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Gemeente Montana : Voltyds onbepaalde leraarspos

SLUITINGSDATUM: 8 September 2023, 13:00.

Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk tussen die ouderdom 28 en 40 jaar word genooi om aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL

Die NG Gemeente Montana is ’n voorstedelike gemeente in die noorde van Pretoria en deel van die Noordelike Sinode van die NG Kerk. Daar is tans ongeveer 3 500 lidmate in die gemeente waarvan 950 tussen die ouderdom van 25 en 50 jaar is. Die leraarspan bestaan uit vyf poste waarvan een tans vakant is.

PROFIEL EN TAAKOMSKRYWING VAN DIE KANDIDAAT

  • Tussen 28 en 40 jaar oud wees.
  • Passievol oor Woordbediening en verhoudingsgerig is.
  • Iemand wat strategies, doelgerig en innoverend binne spanverband kan werk.
  • Beskik oor tegnologiese en administratiewe vaardighede.
  • Jeugbediening vorm die kern van hierdie bediening.
  • Van die kandidaat word verwag om te fokus op die geloofsvorming van lidmate tussen Gr 0 en Gr 11, sowel as Gr 12 (belydenisaflegging).
  • Uitbreiding van die gesinsbediening wat veral gesinne met skoolgaande kinders insluit (lidmate 25-50 jaar), saam met die ander lede van die leraarspan.
  • Betrokkenheid by en medebestuur van kleingroepe in die gemeente as deel van die kleingroepbediening.

VERGOEDING

Die totale koste van indiensneming (TKVI) is onderhandelbaar met die gemeenteraad volgens die riglyne van die Noordelike Sinode.

AANSOEKE

Belangstellendes kan ’n aansoekvorm aanvra van lizelle@ngmontana.co.za.

Let wel dat die sluitingsdatum vir aansoeke 8 September 2023 om 13:00 is. Voltooide aansoekvorms moet dus vóór hierdie spertyd ontvang word.

NAVRAE

Ds Johan Scholtz, 082 641 5983 of gemeenteraadvoorsitter, Hannes van der Merwe 082 990 2490.

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die 

beskikbare aansoeke nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.