Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die Vryburg-Noord gemeente stel die bogenoemde vakature bekend, en wag biddend en met vertroue op die aansoeke van gelegitimeerde predikante van die NG Kerk.
Gemeenteprofiel:
Vryburg-Noord is ’n gevestigde, plattelandse gemeente in Vryburg, Noordwes-Provinsie en is een van die drie NG gemeentes in Vryburg. Ons gemeente se lidmaatregister toon ’n totaal van 466, waarvan ongeveer 250 belydende en 70 dooplidmate tans aktief is. Besoekpunte is beide op plase en in die dorp. Die gemeente is georganiseer volgens die “Liggaam van Christus”-model en ons beskik oor ’n baie goeie funksionerende kerkraad en wonderlike lidmate wat lekker kan saamwerk.
Ons gemeente glo in die evangelie van Jesus, die Woord as waarheid, en in liefde vir God asook liefde vir mekaar. Ons wil graag Skrifgetroue prediking hoor, geheg aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
Die gemeente word sedert April 2023 deur ’n brugleraar bedien volgens ’n kontrak wat teen einde Desember 2023 verstryk.
Leraarsprofiel:
Vryburg-Noord soek ’n dinamiese, energieke en gedrewe leraar wat met liefde en deernis die gemeente kan toerus om ’n verskil te maak in die gemeenskap. Hy/sy moet in staat wees om langtermyn-verhoudings te kan bou met onderskeie belangegroepe.
Vergoeding:
Die vergoeding sal bepaal word met Artikel 9 van die Kerkorde as basis van die ooreenkoms, en volgens die toepaslike sinodale riglyne, inaggenome die suksesvolle kandidaat se profiel. Die vergoedingspakket sluit behuising in en sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Aansoeke:
Stuur ’n volledige CV met minstens drie referente na ngkerkvryburgnoord@telkomsa.net
Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en moet bereid wees om een erediens te lei.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 8 September 2023.
Aanvangsdatum: DV Januarie 2024.
Navrae:
- Roelf Swanepoel – Voorsitter van pre-advieskomitee – 083 310 9241.
- Donnie Pietersen – Voorsitter van kerkraad – 082 374 8492.
- Ds Kobus de Kock – Brugleraar – 082 921 8531.
Die kerkraad behou die reg voor om nie net uit die aansoeke te beroep of enigsins ’n aanstelling te maak nie.
