Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Kerk Rustenburg-Suid
JESUS LEEF EN ONS MET HOM
Vakature: Leraar
In biddende afhanklikheid van die Here maak die kerkraad die vakature bekend en nooi kwalifiserende leraars om aansoek te doen.
GEMEENTEPROFIEL
NG Gemeente Rustenburg-Suid is ’n gevestigde gemeente met 384 belydende en 115 dooplidmate. Die oorgrote meerderheid van die lidmate woon in die stad redelik naby aan die kerk. Die gemeente se visie bestaan uit drie kernelemente, naamlik: die bou van brûe en verhoudings met mekaar en na die gemeenskap om sodoende by die Kruis van Jesus uit te kom. Soos uit ons leuse blyk, staan die evangelie van Jesus, die Woord van God, die liefde vir God en liefde vir mekaar sentraal in ons gemeente.
LERAARSPROFIEL
Die leraar moet alle aspekte van gemeentebediening hanteer soos uiteengesit in Art 9 van die Kerkorde en soos deur die kerkraad bepaal en omskryf is in ’n diensooreenkoms.
Belangrik vir die gemeente is die volgende: Goeie pastorale leierskap en bou van verhoudings. ’n Getroue dienaar van Jesus Christus. ’n Skrifgetroue en passievolle, dinamiese prediker wat die Woord van God onder leiding van die Heilige Gees kan oordra. Betrokkenheid by die dag tot dag bestuur van kerkaangeleenthede, insluitend personeelbestuur en finansies. ’n Sterk bewussyn van die waarde van jeugbediening. ’n Leraar wat huisbesoek, sieke- en bejaardebesoeke baie hoog ag.
VERGOEDINGSPAKKET
Volgens algemene sinodale riglyne wat betref traktement, reiskoste en behuising soos omskryf in die diensooreenkoms. ’n Pastorie is beskikbaar op die kerkterrein.
AANSOEKE
’n Volledige CV en ’n kort video waarin jy jouself bekendstel en deel waarom jy aansoek doen. Stuur aansoeke asseblief per e-pos: ngrbsuid@gmail.com
SLUITINGSDATUM IS 10 Oktober 2023.
NAVRAE
Dolf Smith 083 232 3800 (voorsitter van die kerkraad).
Marie Wiliams 014 592 2419 / 071 436 0102 (skriba).
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
