Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Elarduspark: Kinderwerker

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Gemeente Elarduspark is geleë in die ooste van Pretoria en bestaan uit ongeveer 4 500 lidmate. Ons staan bekend as die gemeente wat omgee. Ons bedien tans 350 kinders tussen die ouderdom van 2 jaar en 12 jaar en ons kinderbediening is een van die belangrikste fokusareas in die gemeente.

Kandidaat se profiel:

  • ’n Persoon wat passievol is oor sy/haar verhouding met die Here en wat kan inpas by die teologiese raamwerk en roeping van ons gemeente. Onderskryf en uitleef van die gereformeerde teologie.
  • Toepaslike kwalifikasies en bewese ondervinding met kinderwerk sal in ag geneem word.
  • ’n Passie en gawe om kinders geestelik te begelei en toe te rus om in ’n verhouding met die Here te leef.
  • Moet beskik oor goeie kommunikasievaardighede om effektief met die ouers en kinders te kommunikeer en lesse aan te bied.
  • Beskik oor bewese goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
  • Moet multimedia- en rekenaarvaardig wees.
  • Vermoë om in spanverband te kan werk.
  • Moet leiers kan identifiseer en toerus vir die kinderbediening.
  • Moet bereid wees om verdere opleiding in kinder- en jeugwerk te ondergaan.
  • Aktiewe deelname en reël van kampe en uitstappies.
  • Die voertaal moet Afrikaans wees.

Posbeskrywing:

  • Bestuur en organisering van die kinderbediening onder leiding van die verantwoodelike predikant en in samewerking met die kinderbedieningvoorsitter.
  • Kreatiewe aanbiedings by kinderdienste.
  • Verantwoordelik vir die beplanning, voorbereiding en uitvoering van alle aktiwiteite wat met die kinderbediening verband hou.
  • Reël van kampe, uitstappies, vakansieprogramme, Kinderpinkster en uitreike vir die kinders.
  • Goeie kommunikasievaardighede met die ouers en die kinders.
  • Kommunikasie in samewerking met mediapersoon aangaande die kinderbediening.
  • Deurlopende bou en toerus van ’n leierspan en kategete vir die kinderbediening.
  • Verteenwoordig die kinderbediening by gemeente-aktiwiteite.
  • Bywoon van weeklikse leraarsvergadering.
  • Skakeling met skole, kleuterskole en kultuurorganisasie en bewegings waar nodig.
  • Gereelde gesprek met die leraar wat die kinderbediening hanteer.

Salaris en ander voordele:

  • Salaris: Op aanvraag beskikbaar.
  • Werksure: Voltyds – Die werksure word bepaal in oorleg met werkgewer tydens onderhoud.
  • Verlof: 20 dae per jaar.
  • Bereid wees om ’n polisieklaring te ondergaan.

Kandidate met die volgende ervaring/studierigtings word uitgenooi om aansoek te doen:

  • Diensleraar.
  • Onderwyser.
  • Proponent.
  • Besig met teologiese opleiding.
  • Onderrig van kinders.

Aansoeke sluit 28 September 2023. Aanstelling 1 Desember 2023.

Stuur asb ’n e-pos aan bestuur@ngelarduspark.org.za om die vrae te ontvang wat die aansoek moet vergesel.

Aansoeke moet voor of op 2023/09/28 per e-pos gestuur word aan: bestuur@ngelarduspark.org

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.