Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van Volksrust maak in biddende afhanklikheid die vakature van voltydse leraar bekend.
GEMEENTEPROFIEL
- Volksrust is deel van die Oostelike Sinode en val binne die Ring van Wakkerstroom.
- Volksrust-gemeente bestaan uit plaas- en dorpswyke, met ‘n plattelandse dinamiek wat bepaalde uitdagings skep in die bediening.
- Aantal lidmate: 308 belydende en 62 dooplidmate.
- Binne die gemeentegrense is daar ’n ouetehuis, kinderhuis en Nutsforum (armsorg).
- Die CMR het ’n plaaslike kantoor.
- Daar is ook ’n SAVF-tak op ons dorp.
DIE DORP VOLKSRUST
- Volksrust is geleë aan die suidekant van Mpumalanga, tussen Standerton en Newcastle.
- Volksrust beskik oor ’n laerskool en ’n hoërskool.
LERAARSPROFIEL
Gelegitimeerde leraars met ten minste vyf jaar ondervinding sal voorkeur geniet.
Pligte word omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, met die volgende fokus:
- ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig en sekerheid van sy/haar roeping om in God se diens te staan.
- Woordgetroue, inspirerende en verstaanbare prediking. verbind aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
- ’n Dinamiese persoon wat beskik oor tegnologiese vaardighede.
- ’n Mense-mens wat met alle generasies ’n goeie verhouding kan bou en handhaaf.
- ’n Energieke persoon met ’n passie vir geestelike versorging, met kreatiewe en vernuwende Skrifgetroue denke.
- ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik is met huisbesoeke en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
- Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.
VERGOEDING
Die vergoeding sal redelikerwys bepaal word volgens sinodale riglyne.
AANSOEKE
- Belangstellende persone voorsien die kerkraad van ’n toepaslike CV met vermelding van bedieningsvoorkeure, persoonlikheidskenmerke, spiritualiteit, en ervaring.
- Sluit minstens drie kontakbare referente in.
- E-posadres: ngkerk@volksrust.com
- Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2023.
ALGEMEEN: Navrae kan gerig word aan Pieter Schoeman (Die voorsitter van die kerkraad) 082 922 7677 of die kerkkantoor 017 735 3245.
DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2024 of so gou as moontlik.
Geborg
