Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Jan Kempdorp (Dolerend): Permanente leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG gemeente Jan Kempdorp is ’n geloofsgemeenskap in die hartjie van die Vaalharts pekaneutvallei.

Jan Kempdorp is die wateraar van ons gemeenskap. Ons warm werkende gemeente bestaan uit 520 belydende lidmate en 113 dooplidmate. Huis Andalusia (ouetehuis) is ten volle deel van ons geloofsgemeenskap.

Die gemeente word gekenmerk deur sy spanwerk binne die breër gemeenskap van Vaalharts en die omliggende gemeentes asook gekombineerde en privaat hoër- en laerskole.

Ons gemeentebou en kuiergeleenthede sentreer rondom ’n “slowmarket”, ’n bergfietswedren, ’n wildsfees en Vrydagaand pizzakuiers.

Ons gemeente se visie is “Saam in die Here se diens.”

Vergoeding en voordele:

Salaris onderhandelbaar volgens sinodale riglyne. ’n Ruim pastorie word voorsien.

Permanente pos word aangebied.

Aansoek: Stuur volledige elektroniese CV met toepaslike referente aan die skriba by admin@ngjk.co.za

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2023.

Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.

Navrae:

  • Skriba Pauline du Preez voormiddae by 053 030 0035.
  • Kerkraadvoorsitter Frikkie Maree by 082 948 2468.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.