Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Bethlehem-Noord: Voltydse predikantspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van die NG Gemeente Bethlehem-Noord stel die vakature vir ’n voltydse predikantspos bekend en wag biddend by die Here aansoeke in.

Dorpprofiel:

Bethlehem is ’n vooruitstrewende plattelandse dorp in die Oos-Vrystaat wat tereg as die hoofdorp in die Oos-Vrystaat beskou word. Veral aanloklik in Bethlehem is ’n verskeidenheid topklas skole (pre-primêr, primêr en hoërskool), asook wêreldklas mediese spesialiste en hospitaalfasiliteite. Verder is Bethlehem ’n dinamiese besigheidsgroeipunt geleë beslis in die mooiste natuurgedeelte van die Vrystaat.

Predikantsprofiel:

  1. Gelegitimeerde proponente en predikante sal vir hierdie vakature oorweeg word.
  2. Moet ’n aanvoeling vir die bediening op die platteland hê.
  3. Bereid wees tot gemeentewerk in sy breedste omvang (KO Artikel 9).
  4. Gereformeerde benadering veral ten opsigte van prediking, lering en erediensinkleding.
  5. Inpas by die bestaande gemeentespiritualiteit.
  6. Tegnologie in sy bediening kan gebruik.

Gemeenteprofiel:

Bethlehem-Noord is een van sewe NG gemeentes in Bethlehem. Deel van die Ring van Bethlehem wat die gemeentes: Kestell, Clarens, Paul Roux, Lindley/Arlington insluit. Ons is ’n gevestigde, selfonderhoudende plattelandse gemeente, bestaande uit 16 dorps- en vier plaaswyke met 343 belydende lidmate en 54 dooplidmate.

Vergoeding:

  1. Vergoeding en byvoordele is ooreenkomstig sinodale riglyne en sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
  2. Vry inwoning in pastorie.

Aansoeke:

Aansoekvorm/vraelys kan aangevra word by die kerkkantoor:

Skriba: Mev Karen Boshoff (058 303 4743) of admin@ngnoordk.co.za

Stuur voltooide aansoekvorm/vraelys en volledige CV per e-pos na: 

admin@ngnoordk.co.za of WhatsApp (PDF) na 082 326 4632.

Ons sal u aansoekvorm/vraelys en CV deeglik oorweeg en mag dan besluit om u te nooi vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Navrae kan gerig word aan die kerkkantoor (058 303 4743), mnr Riaan Muller (083 282 9939), dr Hannes de Kock (082 885 5163) of (mwjam26@gmail.com).

Sluitingsdatum: 29 September 2023.

Diensaanvaarding: 1 April 2024.

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n beroep/aanstelling uit die aansoeke wat ontvang is, te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.