Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vorm deel van ’n kombinasie-ooreenkoms tussen die NG Gemeente Boesmanland (Springbok) en die NG Gemeente Simon van der Stel (Nababeep).
Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 September 2023.
Gemeenteprofiele:
Die NG Gemeente Boesmanland is ’n gevestigde plattelandse gemeente met ±350 lidmate. Die gemeente is ongeveer 550 km vanaf Kaapstad geleë. Die gemeente is ’n inklusiewe geloofsgemeenskap wat bestaan uit drie plaas- en 11 dorpswyke. Die profiel van die gemeente wissel tussen voorskools, jeug, werkendes en afgetredenes. Ons is ’n gasvrye gemeente wat streef daarna om almal welkom en veilig te laat voel. Die gemeente is een van verskeie kerke wat meewerk aan die koms van die koninkryk van God in die gemeenskap.
Die NG Gemeente Simon van der Stel is ’n gevestigde plattelandse gemeente in Nababeep met ± 60 lidmate. Die gemeente is ongeveer 20 km vanaf Springbok geleë. Die gemeente is ’n inklusiewe geloofsgemeenskap saamgestel uit hoofsaaklik werkende en afgetrede lidmate.
Leraarsprofiel: Enige gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
Werksprofiel:
- Ooreenkomstig Artikel 9 van die Kerkorde en die bedieningskultuur van die gemeentes.
Vergoedingspakket:
- Volgens sinodale riglyne van die Algemene Sinode.
- ’n Ruim pastorie op Springbok is beskikbaar.
Aansoeke:
- ’n CV van maksimum drie bladsye met drie referente tesame met ’n bondige dekbrief moet die aansoek vergesel.
- Rig aansoeke aan: Die Voorsitter, NG gemeente Boesmanland, Springbok 8240 by ngkboesmanland@gmail.com. Maak asb seker dat ons u aansoek ontvang het.
Daar sal van die kandidate op die finale kortlys verwag word om ’n persoonlike onderhoud met die kerkraad te voer. Verblyf- en vervoerkoste sal deur die twee gemeentes gedra word.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Navrae:
- Mnr Hendri Niehaus (voorsitter van die kerkraad) – 084 678 1031.
- Ds Christoff Koch (brugleraar) – 084 245 3390.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.
