Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Pretoria-Oos: Voltydse medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van die Ooskerk (NG Kerk Pretoria-Oos) wag aansoeke in vir die pos van ’n voltydse medeleraar.

Sluitingsdatum: Vrydag 29 September 2023, 12:00.

Gemeenteprofiel:

Die kerkraad van die Ooskerk (NG Kerk Pretoria-Oos) wag aansoeke in vir die pos van ’n voltydse medeleraar. Die Ooskerk is geleë in die ou Ooste van Pretoria, reg oorkant Loftus Versfeld. Ons gemeente is wyd versprei oor hoofsaaklik Pretoria en die groter Tshwane-metropool. Ongeveer 65% van die gemeente is onder die ouderdom van 45. Die Ooskerk se bedieningsfilosofie werk hoofsaaklik vanuit die aanbiddingsgeleenthede (eredienste) as die kern van die bediening waaruit die ander bedienings voortvloei.

Die gemeente het jong, werkende lidmate, gesinne met klein kinders, skoolgaande jeug en ook ouer lidmate wat deel vorm van die Ooskerk. Die Ooskerk het ongeveer 3 000 lidmate en drie voltydse leraarsposte.

Finalejaar teologiestudente, proponente en gelegitimeerde leraars word genooi om aansoek te doen.

Leraarsprofiel:

Persoonlik

  • Die kandidaat is iemand met deernis, wat sag kan werk met haarself/homself en ander.
  • Iemand wat soek na harmonie en sag vashou aan eie oortuigings.
  • Iemand wat sy/haar weerloosheid kan erken.
  • Iemand wat daarna streef om in sy/haar persoonlike lewe ’n gesonde en geïntegreerde mens te wees.
  • Iemand met ’n ryk en geskakeerde persoonlike teologie, spiritualiteit en lewensbeskouing.

Teologies

  • Die persoon moet histories, metafories en sakramenteel met die Bybel kan omgaan en dit op ’n relevante, eietydse manier kan oordra en toeganklik maak.
  • Hermeneuties en eksegeties vaardig wees.
  • Onsekerhede, twyfel en paradoks kan omhels en die tradisionele en eietydse op ’n liefdevolle manier kan vashou.
  • Die kandidaat moet ’n sensitiwiteit en waardering vir ’n eietydse, kontemplatiewe spiritualiteit hê.

Bediening

  • Die persoon moet bereid wees om leiding te neem in die gemeente se gesinsbediening (ouers met kinders van geboorte tot hoërskool).
  • Bekend wees as iemand wat in ’n spanverband met medeleraars kan funksioneer.
  • Bereid wees om die ryk kultuur en agtergrond van die gemeente te leer ken.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.

Aansoek:

Die aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Stuur ’n e-pos na info@ooskerk.com of kontak 012 344 1950 (Maandag tot Vrydag 8:00-14:00).

Aansoeke en CV’s moet gerig word aan: Die voorsitter van die kerkraad van die Ooskerk en kan gestuur word aan info@ooskerk.com.

Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude, ’n preekgeleentheid en tot psigometriese toetse bereid wees, indien dit sou versoek word.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.