Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum aansoeke: 1 Oktober 2023.
Met biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Redelinghuys, Wes-Kaap ’n voltydse leraarspos bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk om vir hierdie pos aansoek te doen.
Gemeenteprofiel
Die NG Gemeente Redelinghuys is ’n plattelandse gemeente, hoofsaaklik ’n boeregemeenskap. Die gemeente is danksy die genade van die Here 117 jaar oud. Die gemeente bestaan uit ongeveer 150 belydende lidmate waarvan die helfte ouer as 50 jaar is, met ongeveer 30 dooplidmate. Die gemeente is ’n tipiese plattelandse gemeente wat eiesoortige pastorale behoeftes, persoonlike kontak en ondersteuning benodig. Die gemeente het ’n sterk behoudende gereformeerde karakter met ’n hoë premie wat geplaas word op Skrifgetroue Woordverkondiging.
Visie (Doel)
Die NG Gemeente Redelinghuys wil poog om deur leiding van die Heilige Gees toe te sien dat elke lidmaat as ware kind van die Here leef: eerlik, opreg en toegewyd. Die gemeente beywer haar vir die opbouing en uitbouing van die koninkryk van God deur liefde en deernis.
Leraarsprofiel
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet die aansoeker op die volgende let:
- Die leraar moet ’n omgeemens wees wat empatie betoon. ’n “Mense-mens”.
- Verkieslik binne die ouderdomsgrens van 35-45 jaar.
- Die leraar moet in samewerking met gemeentelike leiers en lidmate streef na gemeentelike groei en vernuwing. “Saam-op-pad-wees” is deurgaans belangrik.
- Huisbesoek en pastorale versorging word as ’n prioriteit beskou. (Huisbesoek behels dat alle lidmate besoek word.)
- Die leraar beywer hom/haar vir versoening tussen die mens en God, maar ook tussen lidmate onderling, en probeer om enige vorm van konflik of geskille fasiliterend te begelei en by te lê.
- Die bevordering van eenheid en eensgesindheid word as prioriteit beskou.
- Let wel: Die leraar moet werk saam met die gemeente om verhoudings en stabiliteit te bevorder.
Vergoeding en voordele
’n Vergoedingspakket van R450 000 per jaar (TKVI) en ooreenkomstig sinodale riglyne word aangebied. Die gemeente beskik oor ’n ruim en dienlike pastorie.
Wyse van aansoek
Belangstellendes doen aansoek per e-pos wat die indiening van ’n CV van nie meer as vier bladsye nie insluit. Vier verwysings met die nodige kontakbesonderhede word vereis.
Let wel: Deur die indiening van die CV gee kandidate toestemming dat die inligting soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die POPI-wetgewing. Alle inligting sal konfidensieel hanteer word en sal deur NG Redelinghuys gebruik word vir die beroepingsproses. Die aansoeker vrywaar die gemeente die geleentheid om self inligting aangaande die aansoeker in te win.
Stuur u aansoek asseblief per e-pos na: Die Kerkkantoor, NG Kerk Redelinghuys: ngkred@patat.co.za
Suksesvolle kandidate wat oorweeg word sal vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word. Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2024.
Navrae: Enige navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Van Zyl van der Merwe by 083 452 6859.
