Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal: : Voltydse leraar, onbepaalde termyn

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Ons nooi jou graag om die volgende voltydse leraar van hierdie gemeente te word.

Agtergrond

Dit is lente in die Boland! In ons gemeente is dit beslis ’n gepaste metafoor. Ons het ’n baie lang winter agter die rug. Ons gemeente was nou drie jaar sonder ’n voltydse leraar as gevolg van ’n komplekse en hartseer sameloop van omstandighede. Ons is dus opgewonde om ’n nuwe seisoen te verwelkom. Uit die aard van die saak is ons behoefte aan ’n gepaste leraar nou groot en ons het ’n spesiale persoon nodig.

Ons gedagtes werk tans so:

  • Ons leraar moet ’n Skrifgegronde teologie hê en moet dit entoesiasties en verstaanbaar vertaal vir die daaglikse uitdagings van ons lidmate. Ons leraar doen besondere moeite met die eredienste as ’n persoonlike en lewendige getuienis wat vloei vanuit ’n eerstehandse ontmoeting met God en die Woord. 
  • Ons soek iemand wat eers ’n dienaar van God en daarna ’n dienaar in die kerk is. Ons soek iemand wat die plaaslike gemeente en gemeenskap prioriteit maak. 
  • Ons leraar sal die gemeente weer van nuuts af moet help opbou. Baie dinge het stilgestaan oor dié tyd. Ons sal graag wil sien dat jy sal help dat die gemeente weer vir baie mense ’n geestelike tuiste word. 
  • Ons leraar sal met die skoolgaande omgewing moet kontak maak. Ons sien dit as uiters belangrik om weer dinamika (oor generasies heen) in die gemeente terug te bring. 
  • Ons wil hê ons leraar moet van binne na buite leef. Ons soek geloofwaardigheid. Ons soek nie ’n volmaakte mens nie, maar ’n eerlike mens wat ook, soos ons, broos en weerloos kan wees. 
  • Ons leraar moet bewus wees van persoonlike blindekolle en onvermoëns. Ons leraar moet bereid wees om die bediening met ander te deel, sodat ons netwerke kan skep, wat die gemeente en die gemeenskap kan help tot ’n volronde bediening. 
  • Ons leraar mag nie bang wees om dapper, kreatief, vernuwend en toekoms gerig te dink en doen nie.

Help ons om jou te leer ken met ’n kreatiewe CV oor jouself en jou geloofspad van nie langer nie as drie bladsye. Stuur na kantoor@familiekerk.com

Ons sal graag ook die name en kontakbesonderhede van drie referente ontvang.

Die sluitingsdatum vir die ontvangs van CV’s is 26 September om 12:00. Ons sal jou CV deeglik oorweeg. Ons sal dan meer inligting aanvra en jou moontlik nooi vir ’n Zoom-gesprek en onderhoud. Diensaanvaarding is so gou as moontlik in 2024.

Ons sal jou graag materieel versorg met ’n pakket gelykstaande aan die sinodale riglyne. Ons beskik oor ’n ruim pastorie.

Jy mag navraag doen by die skriba Wendy Theron 021 883 3850 en die konsulent ds Peet Bester by 084 583 3454.

Die gemeenteleiers het die reg om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.