Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Fauresmith en NG Kerk Jagersfontein: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Beroep van ’n leraar vir die samewerkende gemeentes van die NG Kerk Fauresmith en NG Kerk Jagersfontein in die Suid-Vrystaat

Fauresmith is 130 km suidwes van Bloemfontein, Suid-Afrika, geleë. Die dorp, vernoem na ds Phillip Faure en sir Harry Smith, is die tweede oudste dorp in die Vrystaat. Fauresmith is die enigste dorp in Suid-Afrika, en een van slegs drie in die wêreld, waar die spoorlyn in die middel van die hoofpad af loop. Gaan kyk gerus na ons gemeentegeskiedenis: https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-fauresmith/

Die twee gemeentes is 11 km vanuit mekaar.

Jagersfontein lê 115 km suidwes van Bloemfontein. Die dorp is histories bekend as ’n diamantmynsentrum. Gemeenskapslede is verlede jaar deur ’n daminstorting by ’n diamantmyn geraak. Dit beteken nie dat dit die dorp keer om saam te staan en God eerste te stel nie.Gaan kyk gerus na ons gemeentegeskiedenis: https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/1549-2/ en https://ruralexploration.co.za/Jagersfontein.html

Die gemeentes maak in biddende afhanklikheid van die Here die volgende pos bekend:

VAKATURE: KONTRAKLERAAR VIR DIE SAMEWERKENDE GEMEENTES

GEMEENTEPROFIEL

Albei gemeentes is ’n dorpsgemeente met voltydse en deeltydse boere en is gesamentlik ongeveer 180 lidmate.

LERAARSPROFIEL

  • Bedieningsgeleenthede volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Daar sal van die leraar verwag word om Sondae se twee eredienste waar te neem. Een diens vind plaas op Jagersfontein en die ander diens op Fauresmith wat 11 km uitmekaar is.
  • Plattelandse ervaring met ’n passie vir huisbesoek en pastoraat.
  • Skrifgetroue en aktuele Woordverkondiging met entoesiasme.
  • Spanbouer wat gemaklik klein en groot groepe kan lei tot opbou van die gemeentes.
  • Entoesiasme vir barmhartigheidswerk in die gemeenskappe.
  • Saam met huisgesin betrokke wees binne en buite die gemeente.
  • Beskik oor eie vervoer wat ook op plaaspaaie gebruik kan word.

VERGOEDING

  • ’n Totale jaarlikse bedrag van R480 000(dertiende tjek ingesluit) (drie jaar kontrak).
  • Pastorie word voorsien, soos ooreengekom.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEK: 30 November 2023.

DIENSAANVAARDING: 1 Maart 2024 of so na as moontlik aan die datum.

AANSOEKE

Aansoeke moet per e-pos aan NG Gemeente Fauresmith of Jagersfontein gestuur word.

E-pos: ngkerkfauresmith@gmail.com of ngkjf@lantic.net

Aansoeke moet ’n volledige CV en minstens drie verwysings insluit.

Aansoekers wat die kortlys haal, sal vir ’n onderhoud genooi word en moet beskikbaar wees vir die waarneem van ’n oggenddiens.

Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul nie, sou ’n geskikte kanditaat nie gevind word nie.

NAVRAE:

Leierouderling Fauresmith: Kobus Fourie – sel: 084 400 5505.

Leierouderling Jagersfontein: Boesman Loftus – sel: 082 778 9928.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.