Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Rustenburg-Proteapark: 2X voltydse predikantsposte

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Gemeente Rustenburg-Proteapark stel met opgewondenheid en in biddende afhanklikheid die volgende pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.

Gemeenteprofiel:

NG Proteapark is ’n gemeente wat saam kuier en streef daarna om water te wees wat lewe gee. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by groepe, dissipelskap en geestelike groei van alle lidmate en nie-lidmate en verhoudings bou tot ’n gesonde geloofsgemeenskap. Die gemeente word tans deur een jeugwerker en twee voltydse leraars bedien. Een leraar is pas beroep na die Kaapprovinsie en een leraar tree af in Maart 2024.

Rustenburg:

Rustenburg is ’n snelgroeiende stad teen die voet van die Magaliesberge in die hartjie van die bosveld- en platinumstreek in die Noordwesprovinsie. Ons is gerieflik geleë binne ’n radius van ±100-130 km vanaf Pretoria, Johannesburg en Potchefstroom wat elk oor uitstekende universiteite beskik. Die stad spog met fantastiese laer- en hoërskole, bekend vir uitmuntende prestasies in kultuur, sport en akademie. Die skole neem deel op interprovinsiale en nasionale vlak teen skole in Pretoria, omliggend Johannesburg asook Potchefstroom. Afrikaanse leerders het toegang tot moedertaalonderrig met drie Afrikaanse laerskole en twee hoërskole met meer as 1 000 leerders elk. Rustenburg is ook bekend vir gewilde wegbreek- en vakansiebestemmings soos die Pilanesberg Nasionale Park, die bekende Sun City asook die immergewilde Buffelspoort ATKV-vakansieoord. Alhoewel Rustenburg ’n stad is het ons ’n aangename landelike atmosfeer met ’n baie sterk boerderygemeenskap gefokus op wild-, sitrus- en veeboerdery.

Leraarsprofiel:

Enige gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat aan die vereistes voldoen, word uitgenooi om biddend aansoek te doen. Die volgende profiel dien as ’n riglyn vir voornemende aansoekers binne die konteks van Artikel 9 met die fokus op:

  • Prediking: Iemand wat ’n suiwer gereformeerde teologie volg en dit entoesiasties en verstaanbaar oordra op ’n wyse wat die daaglikse uitdagings van lidmate aanspreek.
  • Tegnologie: Entoesiasties en ervare is rondom die kreatiewe gebruik van vernuwende tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddel.
  • Leefstyl: ’n Passievolle en lewende verhouding met God.
  • Visie: Iemand wat vernuwend en toekomsgerig die kerkraad, lidmate en nie-lidmate kan inspireer om NG Proteapark se visie prakties te verwesenlik.
  • Betrokkenheid: Ten opsigte van een van die leraarsposte sal dit voordelig wees as kandidate ervaring het in die operasionele dag-tot-dag koördinering van kerkaangeleenthede, insluitend personeel, finansies en georganiseerde strukture binne die gemeente.
  • Verhoudings: Die opbou en handhawing van goeie verhoudings met ’n fyn aanvoeling vir die diverse behoeftes en strewes van die volledige spektrum van gemeentelede asook nie-gemeentelede en die groter gemeenskap van Rustenburg.
  • Bedieninge: Fokus op die opbou, uitbrei en instandhouding van ons bedieninge, veral groepe as deel van Proteapark se visie.
  • Verdere kriteria: Vorige bedieningservaring sal voordelig wees maar die fokus is eerder om persone te identifiseer met die nodige eienskappe wat voorafgaande profiel sal pas.

Aansoeke:

  •   ’n Volledige CV (nie langer as vier bladsye nie) insluitend ten minste twee referente.
  •   ’n Kort video of dekbrief waarin jy jouself bekendstel en deel waarom jy aansoek doen.
  •   Skakels na twee onlangse preke.
  •   Stuur aansoeke asseblief per e-pos: proteaparkberoep@gmail.com
  • Geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en moet bereid wees om preekgeleentheid waar te neem.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2023.

Diensaanvaarding:

Aangesien ons tans twee poste beskikbaar het sal ons verkies om een aanstelling so gou as moontlik te maak en die tweede aanstelling nie later as 1 Januarie 2024 nie. Belangstellendes word dus aangemoedig om so gou as moontlik aansoek te doen.

Vergoeding: Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.

Navrae: Dr Deon Strauss: 083 627 5085 (leraar) / Hennie de Kok: 083 417 4460 (voorsitter kerkraad)

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.