Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Albanie (Makhanda) : Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


GEMEENTEPROFIEL:

Die NG Kerk Albanie is in 1831 gestig en is een van die oudste NG Kerk gemeentes in die Oos-Kaap. Dit is ’n semi-plattelandse gemeente met 444 belydende en 106 dooplidmate. Die gemeente bedien Makhanda (voorheen Grahamstad), sowel as Riebeeck-Oos (sowat 50 km buite Makhanda), en die plaaswyk van Fonteinskloof. Die gemeente het ’n diverse Afrikaanse lidmaatskap en bedien verskillende kulturele en ouderdomsgroepe. Die gemeente streef daarna om ’n tuiste vir lidmate te wees waar hulle God se liefde, deernis en menswaardigheid kan ervaar.

LERAARSPROFIEL:

Die kerk van Christus beleef tans ’n uitdagende tyd; daarom benodig ons ’n leraar wat nuut kan dink oor ons roeping in moderne tye en kan tred hou met die veranderende behoeftes van ons lidmate, sowel as die gemeenskappe wat ons bedien.

Die geskikte kandidaat moet:

  • Verantwoordelikheid aanvaar vir al die fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. 
  • ’n Geordende NG Kerk leraar wees. 
  • ’n Entoesiastiese en passievolle prediker wees. 
  • Pastorale sorg en leiding aan gemeentelede bied. 
  • Goeie interpersoonlike verhoudings oor kulturele grense kan handhaaf. 
  • Vernuwend kan dink en saam met die gemeente werk om ’n tuiste te skep vir lidmate van diverse agtergronde en met diverse bedieningsbehoeftes. 
  • Gemeenskapsbetrokkenheid in en deur die gemeente bevorder. 
  • Betrokke wees by fondsinsamelingsprojekte vir die gemeente.

Ander vereistes:

  • Daar sal van die geskikte leraar verwag word om dienste en bediening in Makhanda, Riebeeck-Oos, sowel as Fonteinskloof te behartig en kandidate moet dus bereid wees om te reis. 
  • Rekenaar- en tegnologiese vaardighede. 
  • Bewese vaardighede in finansiële bestuur sal ’n voordeel wees.

VERGOEDINGSPAKKET:

Volgens die sinodale riglyne vir vergoeding van predikante met skaal 3 as plafon.

AANSOEKE:

Sluitingsdatum: 17 November 2023.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2024 (onderhandelbaar).

Stuur aansoeke en navrae: Die Voorsitter: Pre-Advies: skriba@ngkerkalbanie.co.za

  • Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV.

Verdere navrae:

  • Ds Marnico Wessels (konsulent) – 082 376 1591.
  • Voorsitter van die kerkraad (Marius Crouse) – 083 409 5566.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.