Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Proteahoogte: Voltydse medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gemeenteprofiel:

Jesus se ontmoeting met die vrou by die put in Johannes 4 help ons gemeente om ons roeping te verstaan. Jesus is die lewende water. Hy is ons bron. Dit is Hy wat ons hier ontmoet. Ons glo sy lewende water is vir almal bedoel, vandaar Proteahoogte se visie: Waar God ons ontmoet en verander vir ander.

Waagmoed, egtheid, relevansie, diversiteit, afhanklikheid en gasvryheid is waardes waarmee ons leef.

Ons gemeente is ’n gemeenskap vir wie aanbidding, geestelike groei, families,uitreik en omgee ons na aan die hart lê.

Die gemeente bestaan uit 2 000+ lidmate en word tans bedien deur twee voltydse leraars (waarvan een pos tans vakant is) en passievolle lidmate.

Proteahoogte-gemeente nooi predikante en gelegitimeerdes wat geroepe voel om hulle inligting voor te lê vir oorweging vir hierdie pos.

Leraarsprofiel:

Iemand wat:

  • Die Here liefhet en Jesus navolg.
  • Oortuig is van hulle roeping en passievol is oor die bediening.
  • Hom/haar gemaklik kan uitleef binne ons gemeentekonteks.
  • Skrifgetrou en dinamies preek met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding.
  • Gemaklik is om alle ouderdomme te bedien en wat glo dat verhoudings en verhoudingsbou belangrik is in die bediening.
  • Verkies om in ’n span saam te werk.
  • Ervare is in die gebruik van tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddels.

Die pos behels die volgende:

Gemeentebediening soos voorgeskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

  • Ons wil graag aan iemand ruimte gee om sy/haar passie te kom uitleef in ons gemeente.

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien:

  • ’n Kort CV, nie langer as drie bladsye nie.
  • Drie kontakbare referente.
  • ’n Kort bekendstellingsvideo van nie meer as vyf minute nie, waarin genoem word hoekom aansoek gedoen word, spesifieke gawes, passie, belangstellings, visie en roeping.
  • ’n Skakel na ’n onlangse preek.

Inligting kan gestuur word na: aretha@potential-unlimited.co.za

Sluitingsdatum: 2 Oktober 2023 om 13:00.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2024, of so gou moontlik daarna.

Die totale koste van indiensneming geskied volgens sinodale riglyne met ’n pastorie beskikbaar.

Navrae: Aretha van der Merwe 083 264 8407 of Christo Botha 084 490 0923.

Aansoekers sal teen 16 Oktober 2023 ingelig word of hulle genooi gaan word vir ’n onderhoud.

Aansoekers moet beskikbaar wees in die week van 23 Oktober vir ’n onderhoud met ’n beroep wat moontlik teen 7 November uitgebring word.

Deur die indiening van u CV, gee u toestemming dat die inligting soos vervat in u CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur Proteahoogte-gemeente vir die beroepingsproses gebruik kan word.

Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.