Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Algemene Sinode: Administratiewe bestuurder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk stel hiermee die pos van administratiewe bestuurder bekend met die oog op aansoeke. Die kantoor is geleë op die hoek van Pretorius- en Jan Shobastraat, Hatfield, Pretoria).

Die volgende oorwegings geld vir die pos:

1. Persoonlik

’n Vriendelike, netjiese persoon met goeie interpersoonlike vaardighede en keurige taalgebruik (Afrikaans en Engels). Die persoon moet kan leiding neem, haar/homself handhaaf onder druk, en uitkomsgedrewe wees. Die persoon moet ’n lidmaat van die NG Kerk wees.

2. Professioneel

2.1 Vaardighede

  • Moet Afrikaans en Engels op ’n hoë vlak kan praat en skryf.
  • Skryfvaardighede (Moet kan formuleer en korrek skryf).
  • Rekenaarvaardighede (Excell, Word, PowerPoint).
  • Sosiale media (Moet webblad kan bestuur, en op sosiale media kreatief kan kommunikeer).
  • Die vermoë om administratiewe sisteme te skep en onderhou.
  • Die vermoë om deeglik te beplan en toe te sien dat die beplanning uitgevoer word.
  • Moet netwerke van mense kan skep en ondersteun.

2.2 Ondervinding

  • Ten minste 10 jaar ondervinding van administratiewe en sekretariële werk.
  • Ondervinding van kantoorbestuur, werk as persoonlike assistent van ’n bestuurder, argivering en liassering, sal as ’n bate beskou word.

2.3 Kennis

  • Bewese opleiding in sekretariële en administratiewe werk.
  • Opleiding in kantoorbestuur sal as ’n bate beskou word.

Aansoeke kan gerig word aan dr MN van der Merwe, Voorsitter van die DVK, Algemene Sinode by michielvandermerwe@gmail.com

Aansoeke sluit op 29 September om 13:00.

Navrae kan aan hom gerig word of aan dr Gustav Claassen by gustavc@ngkerk.org.za / 012 342 0370.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.