Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Heuwelkruin: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Heuwelkruin is ’n NG gemeente in Bloemfontein. Die gemeente is 35 jaar oud en het ongeveer 580 belydende en 90 dooplidmate. Heuwelkruin is ’n stedelike gemeente wat hoofsaaklik die woongebied van Heuwelsig bedien, maar het ook heelwat lidmate buite die grense van die woonbuurt.

Ons gemeente wil ’n tuiste wees waar God se liefde tasbaar is en sodoende elkeen toerus en uitstuur. Ons gemeente bestaan uit alle ouderdomsgroepe, met ’n groot persentasie senior lidmate waarvan ’n deel in ’n aftree-oord binne die gemeentegrense woon.

Ons as NG Gemeente Heuwelkruin wil graag aansoeke van passievolle en energieke leraars ontvang. Deel van die visie van die kerkraad is om die bediening aan ons gesinne uit te bou met die oog op gemeentegroei. Die geskikte kandidaat moet ’n voorliefde vir mense op alle ouderdomsvlakke hê en aan die volgende vereistes voldoen:

Leraarsprofiel

  • Moet pligte van Artikel 9, soos uiteengesit in die Kerkorde, nakom.
  • Moet ’n aanvoeling vir, sowel as bewese ondervinding in, spesifiek familie- en jeugbediening hê.
  • Verkieslik nie ouer as 45 jaar wees nie, met ten minste 10 jaar bedieningsondervinding.
  • Moet in ’n spanverband kan saamwerk.
  • Moet betrokke wees in die gemeenskap en die gemeente lei en dien.
  • Die gemeente se behoefte is ’n leraar wat passievol en Skrifgetrou preek, onderrig en leer.
  • Goeie menseverhoudinge, aanpasbaarheid, toeganklikheid en pastorale versorging is vir ons baie belangrik.

Vergoeding

Ons bied vergoeding volgens sinodale riglyne vir predikante aan, sowel as ’n behuisingsubsidie.

Indien jy geroepe voel om vir hierdie opwindende pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede, sowel as kontakbesonderhede van drie (3) referente aan: hkruin@ngheuwelkruin.org.za

Kandidate wat die kortlys haal, moet vir onderhoude beskikbaar wees. Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Oktober 2023.

Diensaanvaarding: Januarie/Februarie 2024.

Navrae: Ds Mauritz Heyneman (leraar) 079 895 3916.

              Lalique van Rensburg (skriba) 051 436 6634 (kantoorure: 8:00 tot 13:00).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.