Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NHK Gaborone, Botswana

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gemeente Gaborone ontvang graag aansoeke vir ’n tweede werksruimte.

SLUITINGSDATUM: 26 September 2023.

’n Suksesvolle kandidaat bedien die Afrikaans- en Engelssprekende gemeente van ongeveer 120 gesinne, asook die breër gemeenskap. Die Gemeente Gaborone beskik oor ’n dinamiese en diverse werkende gemeente wat saamgestel is uit ‘expats’ en permanente burgers, met lidmate wat afkomstig is van verskillende denominasies. Van aansoekers sal vereis word om ’n uitgesproke volgeling van Jesus te wees; te beskik oor voltooide opleiding aan ’n tersiêre instansie; bereid te wees om te verhuis na Botswana; dinamies; roepingsbewus; nie-diskriminerend en ’n bevoegde prediker en evangelis te wees.

Die twee werksruimtes dien parallel saam in die gemeente volgens gawes en pligstaat, soos uiteengesit deur die geloofsleiers en gemeente. Vergoeding is op ’n volsorgbasis wat behuising, medies, motortoelaag, pensioen, selfoon en kontantdeel insluit.

Aansoeke: Aansoeke aan Miranda de Wet: mi@dwddrilling.com

Aansoeke sluit op 26 September 2023 en moet vergesel wees van ’n verkorte CV wat die kontakbesonderhede van twee referente insluit.

Die suksesvolle kandidaat se permitproses om in Botswana te kan woon en werk begin onmiddellik nadat die beroep aanvaar is.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.