Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Groot Marico: Vastetermynpredikantspos vir ’n emeritus

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

GEMEENTEPROFIEL: Groot Marico is ’n plattelandse gemeente, deel van Ring van Zeerust, Sinode Goudland. 80 belydende en 10 dooplidmate met 35 besoekpunte.

LERAARSPLIGTE EN -PROFIEL: Artikel 9 van Kerkorde vorm basis van voorgestelde diensooreenkoms. Aansoeker moet oor elektroniese vaardighede beskik. Moet oor passie en ervaring vir klein plattelandse gemeente beskik.

AANSOEKE: Slegs elektroniese aansoeke sal aanvaar word. Aansoeke moet vergesel word van CV met referente. Aansoeker moet beskikbaar wees vir preekbeurt en onderhoud.

Stuur elektroniese aansoeke na e-pos: ngkmarico@gmail.com

Datum van diensaanvaarding is onderhandelbaar.

VERGOEDINGSPAKKET:

Die pos kan voltyds/deeltyds wees. Vergoeding sal met suksesvolle aansoeker onderhandel word. Pakket sluit gratis bewoning van pastorie in.

SLUITINGSDATUM: 20 Oktober 2023.

NAVRAE: Reinier Swart, sel: 061 376 0944

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.