Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoe om oor verskille te dink

Kerklewe as improvisasies binne ’n bedryf van ’n onvoltooide toneelstuk, is die ryk metafoor van die teoloog NT Wright wat Marius Nel verruim tot ’n nuwe sienswyse vir beide kerk en die Bybel.

In sy boek Reframing, in Engels uitgegee deur Bybel-Media, staan Nel ook in hoofstuk 9 stil by eenheid, ’n aktuele onderwerp op die vooraand van die vergadering van die Algemene Sinode in Oktober.

Hoe moet die kerk reageer op die polarisering wat ook in die NG Kerk sigbaar is, vra Nel, ’n dosent in Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch en Kerkbode-rubriekskrywer. “Hang eenheid in die kerk af van eenparige (unanimous) interpretasies van die Bybel?,” vra die skrywer op bl 149. Die skrywer gee ’n teoretiese oorsig van die proses waardeur Bybelinterpreteerders gaan van ’n sekere vóórverstaan van die teks tot ’n volgende verstaan.

Hy kyk ook na die wyse waarop geskille in die vroeë kerk hanteer is en kom tot die gevolgtrekking dat, vir Paulus, die eenheid van die kerk van kritieke belang was. “However, for him, unity does not imply unanimity on all issues. Believers needed to recognise that they could disagree on important issues and all still be acceptable to God. Their unity was instead to be expressed in their shared worship of God,” skryf Nel teen die einde van ’n hoofstuk wat tydige teoretiese handvatsels vir die kwessie van meningverskil tussen gelowiges bied.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top