Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Montagu: Medeleraar (Voltydse pos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

 

Sluitingsdatum: 16 Oktober 2023.

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord vir die gemeente Montagu.

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Montagu is 169 jaar oud en is in die Ring van Swellendam geleë. Die gemeente bedien die lidmate in die dorp en op omliggende plase, asook die breër gemeenskap. Die Koo-vallei word bedien deur 14 buitedienste per jaar en die Baden-Bad-vakansieoord word bedien met bidure en ander spesiale dienste. Die dorp beskik oor goeie skole, asook ’n tehuis vir bejaarde persone.

Daar is 1 078 belydende en 214 dooplidmate, met 661 besoekpunte. 44% van die lidmate is ouer as 60 jaar, maar daar is ook ’n baie sterk groep jonger gesinne.

Ons is ’n geloofsfamilie wat deur God geroep is om as sy gestuurdes, in diepe afhanklikheid van Hom, ’n verskil te maak in die diversiteit van ons gemeente en die gemeenskap. Ons fokus in die erediens daarop om die Woord op ’n vernuwende styl te bedien.

Leraarsprofiel:

Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep:

  • Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Besondere klem op die suiwerheid van die Woord en leer soos vervat in die Woord en die kerk se belydenisskrifte, met die vermoë om aktueel en dinamies vir alle ouderdomme te preek.
  • Die oortuiging dat hy/sy geroep is deur God om in die bediening te wees en sy/haar verhouding met God sigbaar uitleef.
  • Kreatiewe en vernuwende denke, maar met respek vir tradisies, en ’n passie vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.
  • Liefde vir lidmate van alle ouderdomsgroepe en die vermoë om in spanverband met sy/haar medeleraar te kan saamwerk.
  • Die besoek van lidmate, veral in hulle nood en siekte, asook nuwe intrekkers.
  • Pastorale bediening van lidmate, met die nodige kennis en ervaring.
  • Belangstelling in en betrokkenheid by die aktiwiteite van die gemeente, asook in ons skoolgaande omgewing.
  • ’n Strewe na gemeenskaplike groei en vernuwing in samewerking met gemeenteleiers en lidmate.
  • Bereidheid om die volle spektrum van die bediening te hanteer, maar daar sal gepoog word om die leraar sover moontlik ooreenkomstig sy/haar gawes en belangstellings in te skakel.
  • Multimediavaardighede.

Vergoedingspakket:

Die gemeente bied volgens sinodale skaal ’n salaris, mediesefondsbydrae, pensioenfondsbydrae en ’n kommunikasie- en reistoelaag aan.

Die gemeente beskik nie oor ’n pastorie nie, maar stel wel ’n behuisingstoelaag beskikbaar. Dit word verwag dat die leraar in Montagu sal woon.

Aansoeke:

’n Volledige CV, wat bedieningsvoorkeure duidelik aantoon, en die besonderhede van minstens drie referente bevat, moet die aansoek vergesel.

Kandidate wat die kortlys haal, sal gekontak word. Kandidate moet ook bereid wees om vir ’n onderhoud en preekbeurt Montagu toe te kom.

Stuur aansoeke aan: vakature@ngkmontagu.org

Navrae: Pre-Advies-voorsitter: Santie Joubert (082 448 8119).

              Leraar: Ds Suzette Turner (082 961 2004).

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.