Dr Nioma Venter is deur die Algemene Sinode Moderamen (ASM) benoem in die pos van algemene sekretaris, luidens ‘n verklaring wat op 4 Oktober uitgereik is.
“Indien dr Venter die benoeming aanvaar sal haar aanstelling van 1 Januarie 2024 geld. Let daarop dat daar ‘n approbasie tydperk van 14 dae is. Ons beste wense vergesel dr Venter in die tydperk waartydens sy oorweging skenk aan haar benoeming van die pos,” luidens die verklaring deur dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk.
LEES OOK: Kerke in stukkende gemeenskappe: ‘Ons kan regtig nie meer net praat nie’ – Nioma Venter
Uit die argief (Julie 2023)
Geborg
