Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kerkenberg: Voltydse vastetermynpos van twee jaar vir leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van die NG Gemeente Kerkenberg stel die vakature vir ’n vastetermynpos (twee jaar) bekend en wag biddend in afhanklikheid van die Here  aansoeke in.

GEMEENTEPROFIEL:

  • Die NG Gemeente Kerkenberg is een van twee kleinerwordende plattelandse gemeentes op Harrismith in die pragtige Oos-Vrystaat.
  • Kerkenberggemeente bestaan uit ongeveer 286 belydende lidmate waarvan die helfte ouer as 55 jaar is en 46 dooplidmate, verdeel in twee plaaswyke, sewe dorpswyke en een ouetehuiswyk.
  • Harrismith beskik ook oor ’n privaathospitaal, provinsiale hospitaal, pre-primêre, primêre en hoërskool.

LERAARSPROFIEL: Die proponent, leraar of emeritus wat die genade ontvang het om in die Here se diens te staan moet:

  • Empaties meelewend wees in ’n plattelandse gemeente en gemeenskap met sy besondere uitdagings.
  • Die gereformeerde grondslag en die Bybel as Woord van God onderskryf en verkondig.
  • Artikel 9 van die Kerkorde dien as riglyn vir die ampspligte.
  • Die strukturering, organisering en implimentering van die kerkraad, die bedieninge en die wyksfunksionering as belangrike prioriteit beskou.
  • Die doen van huisbesoek en pastorale versorging van die lidmate is baie belangrik.

VERGOEDING:

  • Die Totale Koste van Indiensneming (TKVI – maksimum R500 000,00 pj, dertiende tjek ingesluit).
  • Pastorie is beskikbaar.

AANSOEKE:

  • Belangstellendes voorsien die kerkraad van ’n volledige CV. (Proponente wat 2023 gelegitimeer word is ook welkom om aansoek te doen).
  • Rig aansoeke aan: Die kerkraad van NG Kerk Kerkenberg.

E-pos: ngkerkenberg@gmail.com

  • Sluitingsdatum:15 November 2023.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

NAVRAE:

Voorsitter: Ouderling Fien Beukes (082 559 7676) – Konsulent: Ds Gert Victor (082 459 2134) – Brugleraar: Ds Sollie Pretorius (083 499 1103) – Saakgelastigde: Rita Schoeman (083 399 0943).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.