Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Deeltydse leraarspos (Oos-Kaap)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) se missie is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Die Bybelgenootskap is een van die 149 ander Bybelgenootskappe regoor die wêreld wat deel vorm van die “United Bible Societies”. Die Bybelgenootskap van SA werk in vennootskap met al die Christene en kerkgenootskappe in SA en is afhanklik van hulle ondersteuning. Daar is ’n amptelike vennootskap met lidkerke.

Posvereistes:

  • Geordende predikant van ’n lidkerk van die Bybelgenootskap verkieslik tussen die ouderdom 45-60 jaar.
  • Fondsinsameling in kerke en in streek, twee preekbesoeke per maand.
  • Goeie kommunikeerder in Afrikaans en Engels.
  • Goeie menseverhoudinge: die vermoë om netwerke te bou en te onderhou.
  • Deeglike organiseerder.
  • Die bestuur van die Bybelgenootskap-kantoor in Port Elizabeth/Gqeberha.

Posomskrywing:

  • Die posbekleër moet oor eie vervoer beskik.
  • Daar sal verwag word om die Bybelgenootskap by die kerke in die Oos-Kaap-streek te verteenwoordig en ondersteuning vir die missie van die Bybelgenootskap te bevorder
  • Die suksesvolle kandidaat sal deur ’n betrokke kerkgenootskap benoem en bevestig word.
  • Basiese vergoeding met die moontlikheid om die pos uit te brei.

Aansoeke:

SLUITINGSDATUM: 31 Oktober 2023.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2024.

Navrae oor die pos en vergoeding:

Die Bybelgenootskap behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers of genomineerdes te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.