Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) het ’n vakature vir die voltydse pos van saakgelastigde. Die geskikte persoon is ’n predikant van die NG Kerk. Die persoon moet die vermoë hê om die pligte van die pos op ’n deelnemende wyse, met behulp van en in oorleg met verskeie individue / spanne / spesialiste, suksesvol uit te voer. Die geskikte persoon sal ook poog om alle sake in belang van en tot die voordeel van die NG Kerk in SA te bestuur met die beste moontlike uitkoms vir die sinodale sisteem en gemeentes. Die posbekleër rapporteer aan die Sinodale Taakspan Finansies en Administrasie (STFA).
Primêre verantwoordelikhede
- Bestuur van finansies en administrasie.
- Oorsien die menslike hulpbronbestuur funksies van sinodale personeel.
- Oorsien eiendomme en versekering.
- Behartig regsaangeleenthede in samewerking en oorleg met regskundiges.
- Dien as fidusiêre amptenaar.
- Dien adviserend op die moderatuur.
- Dien as uitvoerende lid van die bestuurspan.
- Administrateur van die voorkantoor van die Predikante Pensioenfonds (PPF).
- Voorsitter van Amptenare Voorsorgfonds.
- Skakel met konsultante.
- Hanteer navrae van en skakeling met gemeentes en kerkrade.
Minimum vereistes
- Toepaslike naskoolse kwalifikasie in teologie (opgeleide predikant).
- Bewese ervaring (minimum vyf jaar) in bestuur en administrasie.
- Goed ontwikkelde finansiële insig en syfervaardigheid.
- Basiese rekenkundige kennis.
- Kennis van eiendomme en die bestuur daarvan.
- Uitstekende tweetalige kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
- Hoë vlakke van emosionele intelligensie.
- Goeie leierskapvaardighede met ’n deelnemende leierskapstyl.
- Vermoë om goed onder druk te funksioneer en konflik te bestuur.
- Detailgeoriënteerde werkstyl met uitstekende tydsbestuur en organisatoriese / administratiewe vaardighede.
- Uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede.
- Strategiese en analitiese denke.
- Uitstekende probleemoplossing- en besluitnemingsvaardighede.
- Interpersoonlike ondersteuningsvaardighede m b t personeelsake.
- Vermoë om selfstandig te werk.
- Etiese en waardegedrewe lewensbeskouing en handhawing van Christelike waardes.
- Kennis van pensioene en pensioenfondse sal voordelig wees.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2023 om 16:00.
Diensaanvaardingsdatum: 1 Februarie / 1 Maart 2024.
Navrae:
Interim saakgelastigde (Ds Charl Stander).
Kontakbesonderhede: 084 234 1155 en charl@kaapkerk.co.za
Aansoekproses:
Die aansoekvorm, posbeskrywing en persoonsvereistes kan by die volgende skakel gevind word: https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/
Stuur die aansoekvorm saam met ’n volledige CV aan:
Hulpbronbeampte (Elmien Theron). E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za
