Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Lofprysing vorm ’n kardinale deel van die gemeentelewe van Wonderpark. Die gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n voltydse musiekkoördineerder.
Bo en behalwe die toepaslike musiektalent, het hierdie persoon ’n lewende verhouding met God en skroom nie om dit uit te leef nie.
Die geskikte kandidaat moet oor die volgende vermoëns beskik:
- Kan musiek verwerk en voorberei vir die gebruik in eredienste.
- Volledige vaardigheid in die speel van ten minste ’n elektroniese kerkorrel.
- Die speel van gepaste voorspele, tussenspele en naspele by eredienste waar van toepassing, in aansluiting by die preektema en/of kerklike jaar.
- Die samestelling, ontwikkeling, instandhouding en begeleiding van ’n gemeentesanggroep.
- Die beplanning en aanbieding van besondere sangdienste soos bv Kerssangdiens, Paassangdiens, lofsangdienste, Pinksterdienste en Week van Gebed in samewerking met die predikant.
Die geskikte kandidaat is passievol en dinamies, is Afrikaans magtig, verkieslik jonger as 45 jaar, en ’n spanspeler met leiereienskappe. Hy/sy moet ook volledig kan vereenselwig met die teologiese etos en waardes van die gemeente, en sal nou met die gemeente se predikante saamwerk.
Kwalifikasies en ervaring:
- Ervaring van kerkmusiek en die lei van eredienste.
- Toepaslike kwalifikasies en/of ondervinding.
Vergoeding: R4 000-R5 000 per maand (afhangende van kwalifikasies).
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2024 of so spoedig moontlik daarna.
Aansoeke:
- Indien jy belangstel, stuur asb ’n volledige CV na kantoor@ngkerkwonderpark.co.za
- Elektroniese voorbeeld van jou begeleiding per WhatsApp na Minette by 084 500 2310.
- Die kandidaat moet bereid wees om vir ’n speelbeurt genooi te word.
- Geskikte kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n oudisie.
Navrae: Kerkkantoor: 012 549 1304 / 083 266 2804.
Sluitingsdatum: 1 Desember 2023.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.