Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Afgevaardigdes van die Algemene Sinode 2023 vergader vandeesweek in Boksburg. Ds Jan Lubbe, moderator, en ds Maartje van der Westhuizen, assessor, lei die van die ingewikkelde gesprekke tot die vergadering Vrydag verdaag. Foto's: Le Roux Schoeman

Selfdegeslagbesluit: ChatGPT help kerk ‘luister’ in soeke na pad vorentoe te midde van verdeeldheid by Algemene Sinode


Die NG Kerk het kunsmatige intelligensie (KI) betrek om navorsers te help met “diskoersanalise” in die kerk se soeke na ’n pad vorentoe te midde van die verdeeldheid oor die Skrifverstaan rondom selfdegeslagverbintenisse (SGV)”.

ChatGPT is geskep om taal te analiseer, het dr Cobus van Wyngaard verduidelik oor dié stap waarin kerklike navorsers dié relatief nuwe tegnologie gebruik het om op taalvlak te soek na die temas wat uitkom wanneer ’n mens teksgebaseerde terugvoer van afgevaardigdes by die Algemene Sinode oor ’n spesfieke onderwerp vir ’n rekenaar voer.

LUISTER SAAM: Stories vanaf Algemene Sinode 2023

Parallelle proses 

Ná afgevaardigdes by die Algemene Sinode Dinsdag tydens “tafelgesprekke” uitgevra is oor die 2019-besluit oor SGV, het ’n kerklike navorsingspan ook op die meer gebruiklike wyse aan die werk gespring met die data (sowat 2 700 woorde) wat digitaal ingesamel is. Prof Kobus Schoeman van die Taakspan Navorsing en ’n medenavorser, Marileen Steyn, het Woensdagaand die afgevaardigdes se response deurgelees en in “kodegroepe ingedeel”. In ’n tweede, parallelle proses, het die navorser ds Ankia du Plooÿ met dieselfde data by ChatGPT gaan aanklop.

“Dit is ongelooflik interessant om te kyk hoe (die response) deur kunsmatige intelligense in temas verdeel is,” het Schoeman vertel. Hy het die uiteindelike uitsette as “twee prente” beskryf. “Die idee is net om u te stimuleer,” het hy aan sinodegangers gesê en herhaal dat die hele oefening “kwalitatief, nie kwantitatief” is nie. Daarmee bedoel hy dis nie ’n telproses nie, maar meer van ’n luisterproses. “Ons het nie getel vir of teen nie en kan vir u sê dis 18% dit en 13% dat nie; glad nie,” het Schoeman verduidelik.

LEES OOK: Exploring the potential for religious use of Artificial Intelligence

Wat ‘hoor’ die navorsers?

Die temagroepe waarin die navorsers die terugvoer verdeel het, lui as volg:

  • Nie plek om by tafel te praat nie, tafels verdeeld
  • Ten gunste van 2019
  • Herroep 2019
  • Herformuleer 2019
  • Regsimplikasies van herroep
  • Ruimte skep en akkommodeer
  • Verduidelik praktiese uitvoerbaarheid
  • Vashou en eenheid (pastoraal)
  • Praat oor Skrifgesag en interpretasie

LEES OOK: Elders gelees: | Toe trek kletsbot weg met eie preek    

Die ChatGPT-samevatting lui as volg

Die tafelgesprek weerspieël ’n diepgaande en komplekse uitdaging binne die NG Kerk aangaande die interpretasie van Skrif, seksuele oriëntasie, en die behoefte om ’n eenheid binne die kerk te handhaaf. Hier is ’n samevatting van die verskeie standpunte en temas wat na vore kom:

 

Gemeenskap en verskeidenheid

  1. Erkenning van verskeidenheid: Daar is besef dat daar ’n verskeidenheid van standpunte bestaan binne die kerk, en daar moet ruimte wees vir diversiteit en verskille in interpretasie van die Bybel.
  2. Saamloop in verskille: Die idee van ’n liefdevolle benadering (Matteus 22-liefde) waar verskille erken word, maar gemeenskap en eenheid behou word, word ondersteun.
  3. Akkommodasie en gesprek: Sommige mense pleit vir die handhawing van die 2019-besluit en die voortsetting van gesprekke om ’n weg vorentoe te vind.

 

Interpretasie van die Woord

  1. Hermeneutiese verskille: Die hooftema is nie net seksuele (oriëntasie) nie, maar ook die wyse waarop die Skrif geïnterpreteer word (hermeneutiek). Hierdie verskille het bygedra tot die onsekerheid en spanning binne die kerk.
  2. Die rol van die kerkraad en streeksinodes: Daar is onsekerheid oor die rol van die streeksinodes en kerkrade in die besluitnemingsproses, en sommige tafels voel dat daar ’n duideliker riglyn moet wees.

Besluitneming en aksies

  1. Behou, verfyn of herroep: Daar is uiteenlopende standpunte oor die 2019-besluit, met sommige wat voorstel dat dit herroep moet word, terwyl ander voel dat dit behou kan word met ’n duideliker verduideliking van die inhoud.
  2. Gesprekke en ondersoek: Die behoefte aan voortgesette gesprekke en ondersoek na ’n akkommoderende oplossing word deur baie ondersteun.

 

Ander oorwegings

  1. Soteriologie en verhouding met God: Die besef dat die gesprek nie net oor seksualiteit gaan nie, maar ook oor dieper kwessies van redding en verhouding met God.

2. Praktiese uitvoerbaarheid: Sommige tafels beklemtoon die praktiese aspekte van die besluit en of dit implementeerbaar is op ’n plaaslike gemeenskapsvlak.

 

“In die geheel dui hierdie verskeie opinies op ’n dieper behoefte aan gesprek, respek vir verskeidenheid, en ’n soeke na ’n liefdevolle en inklusiewe eenheid binne die NG Kerk, terwyl dit ook diepgewortelde sienings oor die interpretasie van die Skrif en die aard van die kerk se eenheid uitdaag,” luidens die kunsmatige-intelligensie-opsomming.

 

Die sinode duur tot 20 Oktober.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

6 thoughts on “Selfdegeslagbesluit: ChatGPT help kerk ‘luister’ in soeke na pad vorentoe te midde van verdeeldheid by Algemene Sinode”

  1. Moet daar nou na ñ róbót geluister word, eerder as na die Lewende God wat deur SY Woord en deur SY Gees met SY kerk praat? “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God”. (Jakobus 4:4). Mag die Here ons genadig wees!

  2. Tristán Kapp

    Lyk my dis die 21ste-eeu, net wanneer dit die Algemene Sinode pas… – ek vloek skoon van mismoedigheid.

    Dat dit ‘n klomp Christene so lank vat om mense te aanvaar; bloot net omdat hulle anders seks het, gaan regtig my verstand te bowe! Gaan kyk dalk hoe definieër ChatGPT die Christelike konsepte: “onvoorwaardelike liefde”, en “naaste-liefde”. ChatGPT het oënskynlik ‘n beter begrip daarvan, as die NG Kerk nog in sy hele bestaan.

    Ek bewillig myself om vir die NG Kerk ‘n kursus aan te bied, oor navorsings metodologie. Die Bybel gaan ongelukkig wel nie ‘n primêre bron wees nie…

  3. Kan die saak nie heel eenvoudig gehou word nie. Elkeen wat sê “Jesus is Here” doen dit deur die Heilige Gees en nie uit hulle self nie. – 1 Korintiers 12:3 en behoort ten volle by die geloofsgemeenskap vlgs die gawes wat die Gees gee ingeskakel word.
    Daar moet met mekaar gepraat word en nie oor mekaar nie en in ‘n gees van sagmoedigheid moet ons mekaar op die pad hou. Gal. 6:2
    Die fondament moet Jesus Christus en die werking van die Gees wees en nie eie intrepetasies, gevoel en sentimente nie.
    Vertrou moet verskuif word na die Drie-enige God wat verder met ons die pad sal stap en nie ek wat voor wil stap en verwag God moet saam dremel nie.
    Elkeen moet sy eie lewe in orde kry en nie ander se lewe vlgs jou sienings en geloof in orde probeer kry nie. ROMEINE 14.
    Hoeveel keer moet gay persone nou nog voor ons hul geloof bely en hulle liefde voor God verklaar en hulle getuienis van aanvaarding en vrede by God gee. ❣❣❣

  4. Hermias Nortier

    Sjoe, ek het alreeds gewaarsku teen kunsmatige intelligensie tydens die Vrystaat Buitengewone Sinodesitting. Dit is ‘n wetenskap wat nog nie vertrou kan word nie en maklik gemanipuleer kan word

    1. Ek stem volkome saam met jou. Ons glo onvoorwaardelik in Dié Bybel as die bron van God se waarheid.

Comments are closed.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top