Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

NG Carolina en Chrissiesmeer: Leraarspos (voltyds)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Carolina en Chrissiesmeer is buurgemeentes, 30 km uitmekaar op die platorand van die oostelike hoëveld van Mpumalanga geleë. Hier dien boere en mense wat in die bosbou- en mynbedryf betrokke is, die Here in ’n gebied gekenmerk deur natuurskoon.

Ons lidmate is hartlike mense, hoofsaaklik Afrikaanssprekend vanuit alle kategorieë van die samelewing. Die twee gemeentes se lidmate is oorwegend ouer persone hoewel daar ook jonger gesinne in die gemeentes betrokke is. Daar is ook heelwat mense wat nie kerklik meelewend is nie wat wag om met Jesus se goeie nuus bedien te word.

Die twee gemeentes word sedert Julie 2022 deur Carolina se leraar bedien en wil graag só voortgaan. Daarom nooi ons leraars en proponente met bevoegdheid binne die NG Kerk om, indien hulle daartoe geroepe voel, hulleself vir die vakature beskikbaar te stel.

Jaartema vir 2023: Verandering – God se Groeigeleentheid.

CAROLINA

Die gemeente bestaan uit 176 belydende en 34 dooplidmate, opgedeel in dertien dorps- en vier plaaswyke met ’n totaal van 121 besoekpunte.

Carolina beskik oor ’n skool, mediese dokters, provinsiale hospitaal en ’n verskeidenheid winkels.

CHRISSIESMEER

Die gemeente bestaan uit 124 belydende en 36 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in een dorps- en vier plaaswyke met ’n totaal van 70 besoekpunte.

In Chrissiesmeer is ’n laerskool en ’n klein winkeltjie waar die basiese aangekoop kan word. Ermelo met goeie mediese diens, groot winkels en skole is binne maklike bereik.

Profiel van die kombinasie

  1. Twee onafhanklike gemeentes is in ’n kombinasie. Dit beteken elkeen tree onafhanklik van die ander op, hulle deel net die leraar se dienste en onkoste soos deur die twee kerkrade ooreengekom.
  2. Oggenddienste word weekliks in beide gemeentes waargeneem.

Pligte

  1. Artikel 9 van die Kerkorde.
  2. Pastorale sorg en waarneem van eredienste in beide gemeentes.
  3. Die pastorale versorging van ouer mense sowel as jeug is belangrik.

Vergoeding

  1. Onderhandelbaar met die riglyne van die Algemene Sinode in gedagte.
  2. Behuising en ander byvoordele, onder meer reiskoste, bydrae tot medies en pensioen (indien van toepassing).

Die ideale kandidaat

  1. Glo in die Vader se versorgende almag, die Seun se plaasvervangende sterwe en opstanding en die Heilige Gees se kragtige teenwoordigheid.
  2. Is Afrikaanssprekend.
  3. Die volgende is belangrik: Onbesproke integriteit, sterk leierseienskappe, goeie kommunikasievermoë en verhoudingsvaardighede, aanpasbaar, kreatief, kan onafhanklik en in spanverband werk.
  1. Kan leiding gee maar ook rekening hou met die gemeentes se karakter en behoeftes.

Aansoeke

Sluit ’n kort CV in, met drie verwysings en hulle kontakbesonderhede.

Stuur dit aan ngkerkcarolina@gmail.com

Sluitingsdatum: 17 November 2023

Navrae

Oudl Braam Steenkamp (Chrissiesmeer) 082 804 1779.

Oudl Ben Beukes (Chrissiesmeer) 082 780 7370.

Beroepskommissievoorsitter Wilhelm Niehaus (Carolina) 082 785 1670.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.


Geborg
Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand