Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

NG Gemeente Ottosdal: Leraar (Voltyds-onbepaalde termynpos)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Sluitingsdatum: 22 November 2023.

Gemeenteprofiel: Ons is ’n plattelandse gemeente wat bestaan uit gewone mense wat ten spyte van ons swakhede, die Here Jesus liefhet en dien. Ons onderlinge verbondenheid aan mekaar, maar veral ons verbondenheid aan Christus is vir ons nie onderhandelbaar nie. In die gemeente is ruimte vir lidmate om die Here met hulle gawes te dien. Ons onderlinge liefde vir mekaar kom tot uitdrukking in ons verhoudinge met mekaar. Die gemeente is ook die hart van die jaarlikse Draf-en-Trap-fees wat elke laaste Saterdag van Januarie plaasvind.

Leraarsprofiel: Bedieningsgeleentheid volgens Artikel 9 van die Kerkorde. Moet goed in spanverband kan saamwerk. Duidelike roeping om hier, op die platteland diensbaar te kan wees, gemaklik met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums. Hart vir barmhartigheidsdiens en die uitreik na die gemeenskap. Goeie verhouding kan handhaaf met ringskollegas. Doelgerigte skakeling met instansies in die gemeenskap.

Vergoeding en voordele:

  • Vasgestelde pakket volgens sinodale skaal.
  • Ruim huisvesting (pastorie) word ingesluit as deel van pakket.

Aansoek:

Belangstellendes word uitgenooi om ’n volledige CV met hulle persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente, te stuur aan:

ngkerkotds@gmail.com

Kontakpersone:

  • San-Mariè Botha (skriba) 079 163 2365.
  • Banie van Rensburg (hoofouderling) 082 379 1315.
  • Marius Fourie (finansies) 083 294 6356.

Die kerkraad hou die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling  te maak uit die aansoeke ontvang nie.


Geborg
Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand