Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

NG Gemeente La Rochelle (Bellville): Senior administratiewe beampte

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


La Rochelle Gemeente (Bellville) wag aansoeke in vir die pos van: Senior administratiewe beampte

Sluitingsdatum: 31 Desember 2023.

Datums vir onderhoude: 22-23 Januarie 2024.

Suksesvolle kandidaat word aangewys: 31 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2024 of so spoedig moontlik daarna.

Dienstermyn: Permanente pos met ’n proeftydperk van ses maande.

Kantoorure: 40 uur per week.

Gemeenteprofiel:

La Rochelle is ’n voorstedelike makrogemeente met drie leraars en ongeveer 3 200 belydende en dooplidmate in ’n gemeenskap bestaande uit gevestigde woongebiede asook ’n groot aantal hoëdigtheidsbehuisingseenhede met ’n toenemende multikulturele karakter.

Gemeentevisie: Beleef liefde, groei in Christus, deel die Goeie Nuus!

Minimum vereistes:

  • Drie jaar naskoolse kwalifikasie (finansieel) en minstens drie jaar relevante ondervinding.

Vaardighede benodig:

  • Kennis en ondervinding van normale gemeentefunksionering.
  • Leierskap- en bestuursvaardighede met baie goeie menseverhoudinge.
  • Administratiewe en rekenaarvaardigheid, veral MS Office (Word, Excel, Powerpoint, Outlook).
  • Finansiële vaardighede. Opleiding en ervaring van Pastel en Payroll sal die aansoek versterk.
  • Die vermoë om goed binne spanverband te kan funksioneer.

Pligte:

  • Personeel-, kantoor- en gebouebestuur.
  • Bywoon van vergaderings en uitvoering van relevante besluite.
  • Finansiële bestuur.
  • Bystand aan administratiewe beampte en leraars.
  • Skakelwerk tussen gemeente en ander instansies.

Vergoeding:

  • Sinodale skaal vir die spesifieke posvlak.

Aansoek:

  • Die CV moet vergesel word van ’n kort motivering waarom u geskik is vir die pos.
  • ’n Kortlys van aansoekers sal genooi word vir persoonlike onderhoude (in persoon of via aanlyn).

Navrae:

Ds Willem Venter – 083 222 6016 of willem@larochelle.org.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.


Geborg
Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand