Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Mindalore (Krugersdorp): Vastetermyn leraarspos vir drie jaar (Hernubaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Mindalore is ’n gevestigde tussenstedelike gemeente met 300 belydende en 65 dooplidmate. Die gemeente se kerkgebou is geleë binne Mindalore, ’n voorstad van Krugersdorp. Die pastorie is langs die kerkgebou en is pas opgeknap. Die profiel van die gemeente wissel tussen voorskools, jeug, werkendes en afgetredenes. Mindalore is ’n gemeente met ’n hegte familieband wat gasvry en hardwerkend is. Deur Geloofsgroei in die Drie-eenheid en Skrifgetrouheid, gee ons vir mekaar en ander om en werk ons sodoende mee aan die opbou en uitbreiding van God se Koninkryk op aarde.

Leraarsprofiel:

Enige gelegitimeerde leraar of proponent van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen, word uitgenooi om biddend aansoek te doen:

⮚ Passievolle en lewende verhouding met God.

⮚ Bediening van die totale gemeente soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, met fokus op die volgende:

  •   Dinamiese en aktuele erediensleiding (Bybel- én Belydenisgetrou).
  •   Passievol oor Gesins- en Jeugbediening.
  •   Goeie een-tot-een verhoudings met mense.
  •   Hartlike spanspeler.
  •   Gemaklik in die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun en bevorder.
  • ’n Hart vir die bejaardes van die gemeente.

Pligte:

  •   Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  •   Uitbreiding van die gemeente deur betrokkenheid by gemeenskapsaktiwiteite.
  •   Fokus van bediening van lidmate oor alle ouderdomsgroepe.
  •   Goeie organiseringsvermoë
  •   Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoeke

Vergoeding en voordele:

  •   Onderhandelbaar, met sinodale skaal tot vlak 3 as riglyn.
  •   Pastorie met munisipale dienste.
  •   Vasgestelde selfoontoelaag.
  •   Gesubsidieerde medies en pensioen.

Aansoek:

Stuur asseblief volledige CV met inligting rakende bedieningservaring asook die name van gemeentes waarby jy betrokke was en steeds is, voor of op 30 Nov 2023 na: 

ngmindalore@lantic.net gerig aan die Voorsitter: Pre-Advies. 

Die name en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings is belangrik.

Kommissie – Beroeping.

Kandidate wat oorweeg word, kan vir ’n gesprek en preekbeurt genooi word.

Met die indiening van ’n CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur die NG Gemeente Mindalore vir die beroepingsproses gebruik kan word om self ook inligting aangaande die aansoeker, in te win.

Sluitingsdatum: 15 Desember 2023.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik, maar nie later as 1 Maart 2024.

Navrae:

  •   Bruce Andrew (Voorsitter Pre-Advies) (082 395 9055).
  •   Freda Andrew (Skriba van gemeente) (ngmindalore@lantic.net).
  • Koos de Jager (072 264 5459).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.