Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Alberton-Suid: Jeugwerker/jeugleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Jeugwerker/jeugleraar

Sluitingsdatum: 25 Januarie 2024.

Dienstermyn: Kontrakpos.

Gemeenteprofiel: NG Alberton-Suid is ’n dinamiese voorstedelike gemeente met talle omliggende skole.

Aansoekerprofiel:

Ons nooi alle proponente/jeugwerkers/diensleraars met jeug as spesialiteit om aansoek te doen. Aanvoeling vir die Jeug- en Gesinsbediening is ’n vereiste. Moet in spanverband kan werk en oor goeie kommunikasievaardighede beskik. Moet relevant tot die jeugkonteks wees en ’n multi-generasionele gerigtheid op gesinsbediening hê. Verhoudingsgerig sodat mentorskap gevestig kan word. Vernuwend, innoverend en aanpasbaar.

Pligte:

  • Moet hom/haarself kan uitleef in ’n dinamiese gemeente.
  • Kinderoomblike of gesinspreke kan lewer.
  • Die uitbou en versterking van jongmense se geloof.
  • Kweek van ’n geloofstuiste vir gesinne vanaf doeke tot diplomas.
  • Betrokkenheid by skool.
  • Jeug- en gesinsbediening organiseer wat insluit geestelike, sosiale en uitreikaksies.
  • Mentorskap vir vrywillige leiers.
  • Pligte soos deur posbeskrywing omskryf.

Vergoeding en voordele:

Mededingende vergoedingspakket sal aangebied word, met inagneming van opleiding en ondervinding.

Aansoek: Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV. Asook ’n skakel na ’n aanlyn preek gerig op gesinne. Kandidaat moet beskikbaar wees vir moontlike psigometriese toetsing.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2024.

Navrae:

  • Ds Natalia Strydom 082 675 7558.
  • Koos Meyer 083 290 3063.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.