Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Moederkerk Stellenbosch en Stellumthombo NPC: Hoof van Ouerskapprogramme en kategese- en kinderbedieningskoördineerder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Die Moederkerk Stellenbosch se kerkraad en Stellumthombo se direksie wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos:

Vakature: Hoof van Ouerskapprogramme en kategese- en kinderbedieningskoördineerder

Sluitingsdatum: 14 November 2023.

Dienstermyn: Vastetermynpos van een jaar met opsie vir voltyds.

Stellumthombo NPC is ’n nie-winsgewende organisasie wat toegewyd is aan die verbetering van die welsyn van gesinne in benadeelde gemeenskappe op Stellenbosch. Die transformerende krag van effektiewe ouerskap en vroeëkinderontwikkeling is die benaderings waarmee ons kinders ’n sterk fondasie vir hulle toekoms gee.

Moederkerk is ’n makrogemeente op Stellenbosch. Deur bediening, versorging en toerusting is ons ’n rivier van lewende water wat hoop in die gemeenskap en wêreld laat vloei. Ons kinderbediening is ’n hoofprioriteit wat ons hoop om deur hierdie aanstelling uit te brei.

Profiel:

  • ’n Visionêre persoon wat belangstel in innovasie in die groei en ontwikkeling van ’n kinderbediening en ouerskapsprogram.
  • Iemand met ’n egte belangstelling en liefde vir werk met kinders en die opleiding van ouers.
  • ’n Persoon met ’n natuurlike aanleg om verhoudings oor grense heen te bou.
  • Iemand wat ’n geestelike voorbeeld en mentor is.
  • Iemand met die gawes om leiers te ontwikkel, netwerke van verhoudings daar te stel.
  • ’n Persoon met ’n deurleefde Christelike spiritualiteit wat teologies met Moederkerk Stellenbosch belyn.
  • Iemand met begrip vir die visie, waardes, en etos van die predikantespan en Stellumthombospan.
  • ’n Persoon met goeie administratiewe en beplanningsvaardighede.

Posbeskrywing:

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die skep, organiseer en aanbied van ouerskapskursusse wat spesifiek ontwerp is vir ouers in benadeelde gemeenskappe op Stellenbosch. Dit strek vanaf ouers se eerste swangerskap tot hulle kinders ses jaar oud is. Die primêre doel van hierdie rol is om ouers en versorgers met die kennis en vaardighede toe te rus wat nodig is om die gesonde ontwikkeling en welsyn van hulle jong kinders te verseker.

Bykomend tot hierdie rol sal ook die koördinering van Moederkerk se junior kategese en kinderbediening wees.

Kwalifikasies, eienskappe en vaardighede:

  • ’n Graad/diploma in Vroeëkinderontwikkelingsonderrig, Maatskaplike werk, Sielkunde of ’n verwante veld.
  • Gepaste teologiese opleiding of ervaring in kinderbediening.
  • Ervaring in die ontwikkeling en fasilitering van ouerskapskursusse of werkswinkels.
  • Kennis van kinderontwikkeling, babasorg en vroeëkinderontwikkeling.
  • Sterk kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
  • Sensitiwiteit vir die behoeftes en kulturele konteks van benadeelde gemeenskappe.
  • Vlot in Afrikaans, met begrip van plaaslike dialekte.
  • Vermoë om selfstandig en as deel van ’n span te werk.

Vergoeding:

  • Mededingende salaris wat met ervaring saamhang.
  • Deurlopende professionele ontwikkelingsgeleenthede.
  • ’n Ondersteunende werksomgewing.
  • Verlof tydens skoolvakansies.
  • Die geleentheid om ’n beduidende positiewe impak op die lewe van benadeelde gesinne te maak.

Hoe om aansoek te doen:

Belangstellendes word uitgenooi om ’n dekbrief en hulle CV, met verwysings/referente (twee), na kantoor@moederkerk.co.za te stuur teen 14 November 2023.

Kandidate wat op die kortlys is, sal vir ’n onderhoud gekontak word.

Stellumthombo NPC en Moederkerk Stellenbosch is ’n gelykegeleentheidswerkgewer en verwelkom aansoeke van individue van alle agtergronde en ervarings. Stellumthombo NPC en Moederkerk Stellenbosch behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.