Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG Kerk Steynsrus is op soek na ’n nuwe leraar.
VASTETERMYNKONTRAK
(Twee jaar) met die opsie om te verleng.
GEMEENTEPROFIEL:
Steynsrus is ’n klein plattelandse dorp, geleë in die Noordoos-Vrystaat, 50 km vanaf Kroonstad, 50 km vanaf Senekal en 90 km vanaf Bethlehem.
Tans is daar 236 belydende en 43 dooplidmate. Die gemeente is 113 jaar oud en bestaan uit drie dorpswyke, sewe plaaswyke en ’n tehuis vir bejaardes. Steynsrus leen homself tot ’n gesonde, aktiewe en veilige leefstyl met toegang tot goeie skole in omliggende dorpe. Die hoof ekonomiese aktiwiteit in die gebied is landbou.
LERAARSPROFIEL:
- ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
- ATP geregistreer.
- Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak.
- ’n Leraar met ’n passie vir die plattelandse bediening.
- Pastorale, sieke- en huisbesoeke is belangrik – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die kerkraad.
VERGOEDING:
- Totale koste van vergoeding (TKV) – R360 000 jaar – onderhandelbaar.
- Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) – munisipale rekening vir eie koste.
AANSOEKE:
Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurtreiskoste tot en met R1 000 sal voorsien word.
RIG AANSOEKE AAN:
Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus, per e-pos aan: ngksteynsrus@gmail.com
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 8 Januarie 2024.
DIENSAANVAARDING: 1 April 2024
NAVRAE:
Herman Janse van Rensburg – 082 433 9914. Frikkie Richter – 082 782 8384.
Jonette Engelbrecht – 082 833 0601. Mindus Crous – 082 314 3819.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.