Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

NG Gemeente Redelinghuys: Voltydse leraarspos

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2024.

Met biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Redelinghuys in die Wes-Kaap ’n voltydse leraarspos bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk om vir hierdie pos aansoek te doen.

Gemeenteprofiel

Redelinghuys is ’n plattelandse gemeente binne die Sinode van Wes-Kaapland se grense, ongeveer 200 km noord van Kaapstad, en bestaan uit ongeveer 150 belydende lidmate en 30 dooplidmate. Die gemeente is ’n tipiese plattelandse gemeente wat eiesoortige pastorale behoeftes, persoonlike kontak en ondersteuning benodig.

Die gemeente het ’n sterk behoudende gereformeerde karakter met ’n hoë premie wat geplaas word op Skrifgetroue Woordverkondiging.

Leraarsprofiel

  • Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk met ’n passie vir die platteland en sy mense.
  • Moet al die predikantsverpligtinge volgens Artikel 9 nakom.
  • Skrifgetroue prediking.
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate en pastorale betrokkenheid sowel as huisbesoeke.
  • Verbind wees tot deelnemende bestuur en moet gemaklik wees om in ’n span te werk.

Vergoeding en voordele

  • Vergoeding vir leraar in hierdie gemeente kan groei tot en met posvlak vyf volgens die sinodale riglyne.
  • Ruim woning is beskikbaar.
  • Pensioen, medies, telefoon en vervoerpakket is bykomend.

Wyse van aansoek

Belangstellendes word genooi om ’n volledige CV met hulle persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan die kerkkantoor te stuur.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en preukbeurt.

Stuur u aansoek asseblief per e-pos na: Die Kerkkantoor, NG Kerk Redelinghuys: ngkred@patat.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2024.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2024 of so gou moontlik daarna, datum kan aangepas word sodat skoolgaande kinders van leraar nie benadeel word nie.

Navrae: Enige navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Van Zyl van der Merwe by 083 452 6859.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak, indien ’n geskikte kandidaat nie gevind is nie.


Geborg
Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand